'n Ken-mekaar aand

'n Ken-mekaar aand

Gansbaai Courant

Saterdae se Bbos Plaasmark verg harde werk vir die uitstallers en die organiseerder, Betsie Flippers, sê hulle is so besig dat daar nie tyd is om mekaar beter te leer ken nie.

Dit is dié dat hulle besluit het om ‘n informele, gesellige kuieraand met die stalletjiehouers te reël sodat hulle nie net mekaar se gesigte sien wanneer hulle uitpak en oppak tydens markdae nie, maar die mense agter die produk ook leer ken.

“Die Bbos Plaasmark strewe daarna om kwaliteitprodukte en kontreikos vir uiteenlopende smake voor te berei,” vertel Betsie.

Sy lig graag ‘n klompie gereelde uitstallers uit:

Riaan Jacobs is die mark se kranige fotograaf wat uitstekende werk vir die groep verrig;

Alicia Kemp verkoop die lekkerste “hot smoked trout”, asook “cold smoke” en vispatee van vis wat uit die plaaslike damme in die omgewing kom.

Die Fourie-familie is 'n span wat uithaler gebak lewer - groot en klein pasteie en “vettertjies” van varkvet soos ouma dit gemaak het; Melktert en appelheuningtert is weer Andoline se spesialiteit.

Ove and Meridith, wat met 20 jaar se ondervinding in outydse gebak spog, lewer maandeliks talle verrassings op.

Estelle Paulsen het die wenresep vir die lekkerste Feta olyfsmeer kombinasies denkbaar.

Wintertyd is soptyd en Veronica du Plessis is die kundige met haar mossel- en kerriesop. Sy is ook die groep se gesondheidsdame met ‘n verskeidenheid van gesonde sappe, ingemaakte produkte en  chemiesvrye vogrome.

Karen de Wet is  bekend vir haar “rollmops” vispasteie en ander seekosgeregte, asook ingemaakte produkte.

Sharon en Frans sorg vir worsrolle, sosaties, ‘springrolls’ en ander gebak.

Ilze van Dyk is die “hamburger koningin”, met haar eggenoot, Greeve wat weet hoe om ‘n seekospot bymekaar te sit.

Diane Nortman se handwerk is gehekelde kunswerkies - van 'n deken tot by 'n Bethlehemster!

‘n Verskeidenheid disse van wildspasteie tot by skaapkoppe is weer die spesialisarea van Callie en Mariaan van die Strandveld Pub.

Die volgende Bbos Mark sal  Saterdag, 27 Mei by Strandveld Pub in Baardskeerdersbos aangebied word.

'n Ken-mekaar aand

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant