VLV gesels oor hulle vuurwarm jaaraktiwiteite

VLV gesels oor hulle vuurwarm jaaraktiwiteite

Gansbaai Courant

Aanpasbaarheid! Dis 'n mooi en 'n sterk eienskap - en dit is die jaartema van die VLV hierdie jaar - Aanpasbare Vroue.

Dit het winter geword. Ons het ons somersrokkies verruil vir warm snoesige truie, serpe en sokkies; ons lugreëling vir knetterende kaggelvure.

So het ons aangepas by die seisoene van die natuur.

En só pas ons ook daagliks aan by vinnig veranderende omstandighede en vereistes - maak ons 'n verskil!

Gansbaai VLV se aanpasbare vroue het Dinsdag, 2 Mei saamgekom vir 'n baie leersame en gesellige vergadering. Die Kuns- en Handvlyt-groep het as gasvrouens opgetree met Ronel de Villiers as sameroepster.

Dr Lisel Joubert het die middag se verrigtinge geopen met 'n voorlesing uit een van haar kleurmeditasie inkleurboeke.

Sy het interessant vertel van die "geboorte" van "inkleur-meditasie" - 'n spanpoging saam met Nico Simpson. 

Inkleur laat mens fokus, en daarmee het hulle 'n suksesvolle konsep geskep van lees, inkleur en nadink.

Die "lees" is 'n geloofsgedagte deur Dr Lisel en die "inkleur" 'n handgetekende gebedsprent deur Nico.

Verf en plak

Verf en plak het aan die beurt gekom. Michelle Fourie, het almal deel van haar aktiwiteit gemaak.  Daar is kreatief geraak en die eindproduk, kleurvolle borsspelde, het gou die lig gesien. 

Gemeenskapsprojek

Tydens die vergadering is ook besluit op Gansbaai se gemeenskapsprojek vir die jaar.

Vroue van VLV Gansbaai het besluit om "vroetel-kombersies" of -voorskote vir Alzheimer pasiënte te maak.

"Ons wil graag uitreik na Gansbaai se vroue om met ons hande te vat en so in die verlede weer hiermee uit te reik na ons gemeenskap." 

'n Sirkel Inligtingsdag is op 16 Mei in Hermanus gehou.

VLV- Gansbaai was goed verteenwoordig.

Inligting is gedeel om die kleiner detail met betrekking tot kompetisie items uit te lig, riglyne en wenke te deel, en projekte te demonstreer. 

Dit was werklik die moeite en tyd werd om die dag saam met ander VLV- takke te kuier en te leer. 

Hermanus het gesorg vir ‘n gesellige dag, wat met groot sorg en warmte gereël is.  Dit is hoog op prys gestel deur hulle gaste.

Die wenke en vereistes vir artikels sal tydens die volgende vergadering met lede gedeel word.  Die bestuur doen ‘n beroep dat vroue die geleentheid gebruik om hulself toe te rus en met entoesiasme en sukses aan vanjaar se kompetisies  deel te neem.

Die organisasie rig  'n hartlike uitnodiging aan die Gansbaai gemeenskap met sy aanpasbare vroue om almal die middag saam met hulle te geniet.

Almal welkom

Gansbaai VLV se volgende vergadering  vind Dinsdag,  6 Junie om 15:00 plaas.

Die Landbou en Tuinbou-groep tree as gasvrouens op met Ronelle Swart as sameroepster. 

Dit vind in die Pretoriussaal plaas.

'n Gasspreker van Swellendam kom met ons gesels en inligting deel oor Canola olie. Dit gaan voorwaar interessant en insiggewend wees. 

Aanpasbare vrou, is jy geïntereseerd in die aktiwiteite van die VLV, om die vergaderings by te woon en om jou talente hier uit te leef?

Wil jy dalk net 'n vroetelkombersie maak?

Kontak gerus vir Rienie by 028 38 41170, Ronelle by 082 427 2019 of Rita by 084 444 2023.

Die Gansbaai VLV sien uit om julle volgende Woensdag te ontmoet!

VLV gesels oor hulle vuurwarm jaaraktiwiteite

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant