Nuwe voorlopers by kushengelklub

Nuwe voorlopers by kushengelklub

Gansbaai Courant

Oubaas Lesch (1ste posisie), Sihan Toua (2de) en die vorige punteleier, Johan van Romburgh (3de) is die Overberg Hengelklub se nuwe voorlopers na afloop van Saterdag, 27 Mei se kompetisie.

Oubaas en Sihan, wat nie ver agter Johan was nie, het seker gemaak hulle slaan munt uit die handbesering wat hy opgedoen het.

“Johan het ongelukkig vergeet die vis moet gevang word en nie hyself nie,” vertel Frans Claassen (voorsitter) met die tong in die kies.

“Hy het ‘n ongemaklike wond aan sy hand opgedoen toe hy homself met die eerste gooi van die oggend met die hoek gehaak het. Nou wonder ek net of dit aan ‘n bietjie senuweeagtigheid oor die paar manne wat kort op sy hakke was, toegeskryf kan word.”

Frans beskou die kompetisie as suksesvol, ondanks die rooigety wat die vis skaars gemaak het. Hy sê hulle het hoofsaaklik oos van Franskraal, in die rigting van Rietfontein, gehengel.

Gelukkig is ‘n paar mooi galjoene, ‘n pragtige steenbras, hangbergers en kolsterte gevang.

Na die hengel was dit rugbytyd en daar is ‘n “Pawiljoentjie” by die klubhuis “gebou”.  Die Stormers het egter teleurgestel.

Die gesellige prysuitdelingsfunksie het gesorg dat die Stormers gou vergete was.

Die OK Liquor Store prys vir die grootste vis is deur Oubaas Lesch gewen, asook die Fish Fever prys vir die kampioen van die dag. Die Gansbaai Elektries prys vir die reserwe kampioen is deur Louis Otto gewen.

Daarna is daar tot “ounag” toe gebraai en saamgekuier, met talle stories oor “daai” grote wat weggekom het!

Nuwe voorlopers by kushengelklub

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant