Honde getraumatiseer toe dakke afwaai

Honde getraumatiseer toe dakke afwaai

Gansbaai Courant

Verlede week se stormwind het oral vernietigende spore agtergelaat, ook by BARC (Birkenhead Animal Rescue Center) se hondehokke.

“Vyf hokke se dakke is afgewaai, maar ons is dankbaar dat geen van die diere seergekry het nie,” het ‘n geskokte Annalie Jonker van BARC gesê. “Ons kon daarin slaag om die honde vinnig in ander hokke te kry, of saam met ander honde te plaas.”

Sy sê die hokke is in elk geval nou so vol dat daar in sommige hokke tot 3 honde bymekaar is.

Van die groot dakplate wat hulle vir die nuwe aanbouings gekry het, het ook begin rondwaai.

In ‘n stadium was hulle bevrees dat die kantoor, waarin onder andere baie medikasie gestoor word, ook sou omwaai. “Die ervaring tussen die hokke, dakplate wat rondwaai en die honde wat paniekbevange geraak het, was absoluut vreesaanjaend”.

Vera Swart het hulp vir Nols Jonas, BARC se Veldwagter en Hannelie Jonas via Facebook gevra.

Binne ‘n uur was Samantha Thompson, Martin Butler en ‘n paar jongmanne by die hokke om te help. Samantha is ook deurgaans behulpsaam met die rehabilitering van die honde wat soms erg getraumatiseer is. “Sy tree soos ‘n ware ‘Dog Whisperer’ op soos wat sy met die diere kommunikeer,” vertel Annalie.

Annalie sê die dag nà die storm het Johan Strydom en van sy werkers die dakplate wat afgewaai het, gratis kom vasslaan.

‘n Gebaar waarvoor sy opreg dankbaar was.

Sy het haar opregte waardering teenoor al die vrywillige helpers uitgespreek en gesê sy, Nols en Hannelie sou magteloos gewees het sonder almal se hulp.

Honde getraumatiseer toe dakke afwaai

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant