Nood vir Bybels in Portugees laat sakeman ompaaie loop

Nood vir Bybels in Portugees laat sakeman ompaaie loop

Gansbaai Courant

Die nood vir Portugese Bybels in Angola is so hoog dat dit Fanie Bothma, sakeman van Gansbaai, ‘n ver pad laat loop het voordat hy met sy vakansieplanne saam met vriende na Angola voortgegaan het.

“Ons eerste dorp waar ons in Angola gaan aandoen, is Menongue,” vertel Fanie. “Daar is ‘n sendeling wat vir Operasie Mobilisasie by ‘n sendingstasie werk, Wessel van der Merwe, ‘n Suid-Afrikaner, by wie ons en ons vriende gaan oornag.”

Fanie het van die geweldige skaarste aan Portugese Bybels gehoor en besluit om vir eers al die beplanning bietjie agteruit te skuif en Portugese Bybels te soek om saam te neem.

Ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente het kontakbesonderhede van die Bybelgenootskap, asook Christian Publications, aan Fanie verskaf.

“Die Bybelgenootskap kon ons van 20 Bybels in Portugees voorsien en ons het al 20 gekoop,” vertel Fanie. “Daarna is ons na Christian Publications, waar ek vir Charlotte Elliott ontmoet het, ‘n grootse en wonderlike vrou met absolute vertroue op die Here se voorsiening.”

Fanie vertel dat Charlotte en haar man van Ierland afkomstig is en dat hulle geroepe gevoel het om in Afrika vir Christus te kom werk. Hulle was in hul twintigerjare toe hulle 60 jaar gelede na Suid-Afrika gekom het.

In die Kaap het hulle saam met ‘n man gewerk wat geestelike traktaatjies, brosjures en pamflette gedruk en versprei het.

Charlotte het vertel dat hulle destyds alle drukwerk op primitiewe drukmasjiene gedoen het en dan die traktaatjies met ‘n gewone broodmes van mekaar gesny het.

‘n Onbekende Amerikaner het later vir hulle ‘n drukpers gekoop. ‘n Erf is in Belville gekoop en iemand het sy besigheid verkoop om hulle te help. Sodoende kon ‘n stoor gebou word.

Charlotte se man is sowat 6 maande gelede oorlede en sy werk alleen saam met 2 helpers.

Fanie vertel dat sy al baie oud is en moeilik loop, maar dat sy aanhou om moedig te vertrou dat die Here sal voorsien om met die drukwerk voort  te gaan.

Sy het ‘n groot hoeveelheid Portugese drukwerk aan Fanie voorsien om saam op hulle tog na Angola te neem.  Sy wou geen geld daarvoor aanvaar nie en net gesê: “He will provide”, terwyl sy met haar vinger na Bo gewys het.

“Ons het toe besluit om donasies aan haar te stuur,” sê Fanie. “Dit is net aangrypend hoe Charlotte steeds die drukkery aan die gang hou sonder enige vaste inkomste met bloot haar geloof dat die Here sal voorsien, en Hy voorsien al vir baie jare.”

Fanie is daarvan oortuig dat iemand soos Charlotte ondersteuning verdien. 

Fanie vertel dat hulle, soos vele ander Suid-Afrikaners lief is vir die buitelewe.

“Daarom gaan ons gereeld in tente kamp en onderneem graag 4x4 toere oor die grense in Afrika,” sê hy. “Vanjaar is dit die eerste keer dat ons as ‘n groep Angola vir sowat 5 tot 6 weke gaan aanpak.” Vanjaar se groep wat met 3 voertuie die tog neem, is Fanie en Judy Bothma, Johan en Elcine Hulme en Ben en Ina Gericke.

“Behalwe vir die fantastiese avontuurvakansie in Angola, sien ek veral daarna uit om al die Portugese drukwerk en Bybels daar te kan oorhandig en ek vertrou dat dit met oorgawe benut sal word,” sê Fanie.

Nood vir Bybels in Portugees laat sakeman ompaaie loop

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant