Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
As die voete te groot is vir die wintersokkies, word daar vinnig groter sokkies gebrei - so maklik soos dit!
Dit was Marie de Jager se liefdestaak om namens die Bietoubossers wintersokkies by die Oak Grove Nasorgsentrum uit te deel, maar o wee, een paar voete was te groot en Marie moes vinnig ‘n nuwe, groter paar brei.
Vanjaar se tema vir Bietoubos Damesklub se winterprojek, was om wintersokkies te brei.
Die klublede vanuit De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai het altesaam 62 pare sokkies gebrei vir die bejaardes van Herberg-aan-See in die siekeboeg, asook die inwoners van Oak Grove Nasorgsentrum.
“Freddie Booysen van Oak Grove Nasorgsentrum se voete is toe te groot vir ons gebreide sokkies,” vertel Marie. “Geen probleem, ek het teruggegaan en ‘n paar ekstra groot sokkies spesiaal vir hom gebrei!”
Donasies aan bejaardes tydens die koue wintersdae en -aande is altyd welkom, maar snoesige gebreide wintersokkies of serpe is altyd ‘n bonus.
“Vanjaar was dit wintersokkies en volgende jaar brei ons dalk warm serpe,” vertel Marie.
Sy sê alle lede is betrokke by die breiprojek. Een ding is seker, 62 bejaardes gaan vanjaar se winter met snoesige, warm wintersokkies aandurf, wat aan die flukse Bietoubossers te danke is.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...