Vroue is 'n gesin se steunpilaar

Vroue is 'n gesin se steunpilaar

Gansbaai Courant

“Julle vroue wat hier sit is die waakdames van die samelewing, die steunpilaar in die gesin en die steunpilaar van jou huis.” Het rdl Riana de Coning Saterdag tydens ‘n oggendtee in die Blompark Gemeenskapsaal gesê.

Sy het die bekende woorde van Nelson Mandela aangehaal: “It takes a village to raise a child” en ‘n beroep gedoen op vroue om weer die bewakers en oppassers van hul eie kinders, die bure se kinders en die straat se kinders te word.

Mev de Coning het gesê sy verstaan dat die mense van Blompark nie die vreugde en vryheid gekry het waarop hulle gehoop het na die 1994-verkiesing nie.

Sy het voorts gesê dat oorregulasie en wette  wat ingestel is deur die regering lei tot werkloosheid. 

Mense sit nou tuis sonder werk en verloor hul trots.

Sy het haar bekommernis oor die land soos wat hy nou daar uitsien en die grootskaalse werkloosheid van die jeug, uitgespreek en haar gehoor verseker dat hulle ‘n ander Suid-Afrika sal sien “wanneer die DA in 2019 aan bewind kom.”

Kapt Africa, wat heel onverwags by die geleentheid opgedaag het, is gevra om met die vroue te praat oor tendense in en om Gansbaai.

Eg nuwe Suid-Afrikaner het hy weggetrek in Engels, maar sy gehoor het hom in die rede geval en gesê “ons praat Afrikaans hier!”

Kapt Africa het gesê dat die Wet daar is om vroue en kinders te beskerm, maar dat die polisie se hande afgekap is indien hulle nie ‘n formele klag lê nie.

Hy het voorts gesê dat dit ‘bekendes tussen ons’ is wat hierdie wette oortree, maar die gemeenskap is te bang om hulle aan te kla.

Hy het die dames genooi om ‘n gedrukte beskermingsbeleid by die polisiekantoor te gaan afhaal, sodat hulle hulself kan vergewis van hulle regte.

Hy het ook die ouers voor stok gekry oor hulle kinders wat in die dorp se strate ronddwaal, by huise inbreek en dwelms gebruik.

“Waar is Pa en Ma?” het hy gevra.

Hierdie oggendtee op Jeugdag was maar een van vele oggendgeleenthede wat Riana vir die jaar beplan het en sy het die vroue van Blompark verseker dat daar weer ‘n geleenteid sal wees - ook die vroue van Beverley Hills.

Rdl Moira Opperman het saam met haar as gasvrou opgetree.

Hulle doen ‘n beroep op mans en vroue om die DA byeenkoms in Hawston by te woon wat op Vrouedag, 9 Augustus aangebied word. Die tema vir die dag is: Bestry die euwels in ons samelewing.

Bussies sal beskikbaar gestel word vir mense wat wil saamgaan. Sitplek is beperk en belangstellendes moet dus hul name so gou moontlik op die lys laat plaas. 

Vroue is 'n gesin se steunpilaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant