Toerisme-span spog met selfoonfotograwe

Toerisme-span spog met selfoonfotograwe

Gansbaai Courant

Sosiale Media in vele vorme het gekom om te bly - voordele en nadele en al.

“Die enorme rol wat sosiale media in almal van ons se daaglikse lewens speel, kan nie onderskat word nie, veral nie by ons in die Toerismekantoor nie,” sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. “Dieselfde geld vir die waarde van goeie foto’s wat ‘n storie vertel.”

Dit het Glenda laat besluit om ‘n werkswinkel vir selfoonfotografie vir die kantoor te reël.

Leanne Dryburgh, eienaar van Photowalkers in Hermanus, het ingewillig om ‘n werkswinkel oor die tegniek van selfoonfotografie in Gansbaai te kom aanbied.

Die insiggewende en leersame werkswinkel is Dinsdagmiddag, 6 Junie 2017 in die Toerismekantoor deur Leanne aangebied.

Sy het die werkswinkel met goeie wenke, advies en verskeie tegnieke wat vir selfoonfotografie nodig is, begin.

Daarna het die groep stadig in die rigting van Gansbaai hawe gestap - met die opdrag om op die uitkyk vir goeie fotomoontlikhede te wees, terwyl Leanne advies en leiding verskaf het en praktiese wenke voorgestel het.

Die groep moes veral fokus op kleurkombinasies, lighelderheid en om die ideale hoek vir die neem van foto’s te bepaal.

“Ons moes selfs op die grond gaan lê om die regte hoek vir ‘n foto te kon kry,” vertel Glenda. “Alles was egter die moeite werd en baie insiggewend en ons het nie net baie geleer nie, maar veral die praktiese gedeelte van die werkswinkel baie geniet.”

Gansbaai Toerisme se span was Glenda Kitley (Bestuurder), Doulene Els, Maureen Valentine en Akhona Jordaan. Glenda het ook vir Maraika van Wessen, die Toerisme Buro se bemarker en Jean-Marie van Eck, Gansbaai Academia (sosiale media) na die werkswinkel genooi.

Glenda sê die belangrikste opdrag deur Leanne aan hulle is om nou soveel as moontlik in die praktyk te gaan toepas wat hulle geleer het.

Toerisme-span spog met selfoonfotograwe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant