Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Haaiklip sowel as Holbaai het natuurlik geen bekendstelling nodig nie, nogtans sal dit seker bevraagteken word waarom albei tesame behandel word. Kom ons neem eers Haaiklip, by Franskraal. Vanaf Oktober, min of meer tot omtrent Maart is dit die plek vir die kabeljou. Dis dan ook die domein van die amperbootjies want dis hul tyd en plek om te baljaar.
‘n Ou moet spesiale melding maak van die amperbootjies en hulle skippers, want spesiaal is hulle gewis. Baie ouens wat die gedoente so gadeslaan sal met leepoë kyk hoe hierdie manne maai onder die kabeljou en sal sommer ook in die haastigheid self so ‘n bootjie wil aanskaf en dan vol moed hulle ding doen.
Baiemaal werk dit nie so nie. Daar moet in gedagte gehou word dat hierdie bootjies hul naam gekry het aan die feit dat hulle nog moet grootword!
Ons praat van so net oor die 3 meter en dat hierdie skippers die goedjies al gewoond is. Die gewone ou sal sukkel om die beperkte ruimte en gevoeligheid daarvan baas te raak. Boonop is dit gewoonlik die jonger manne wat kans sien hiervoor en onthou dat daar baie op ongereelde tye see toe gegaan word. Nie juis ideaal vir die ouer manne nie.
Hou ook in gedagte dat juis oor die beperkte ruimte die gesoute manne gewoonlik alleen op die boot is. Met goeie rede. Die beweegruimte is beperk en as jy eers jou sit gekry het moet jy maar rustig verkeer. Die ouer manne kort mos bietjie geselskap.
Dan moet melding gemaak word van die skippers van hierdie amperbootjies se kundigheid.
Hulle sal jou sê dat die kabeljou eintlik in sloepe loop en hierdie kêrels weet waar om met die boot te gaan lê. Jy sal met die groter boot so bietjie dieper gaan lê om darem aan die veilige kant te wees, dan gewaar jy hierdie bootjies, strandkant van die bamboes, terwyl dit lyk asof die branders enige oomblik oor hulle gaan breek.
Nee wat, hulle weet waar die veilige plekke is en dis gewoonlik ook baie vlak -- en dis mos waar die vis loop.
Dan Holbaai, so 6, 7 kilometer verder, met die Gruis aan jou linkerkant. Wanneer Haaiklip toegepak word met die baie bote en almal met groot hoop ook daar gaan hengel, gee van die manne pad Holbaai toe. Wanneer jy dan ook uiteindelik daar opeindig moet jy maar so diepkant ‘n plekkie soek want dis net amperbootjies waar jy kyk en in elke bamboesgat lê die manne bankvas.
Hierdie tyd van die jaar is die keuse dan ook òf Haaiklip òf Holbaai.
En gee die manne wat hul toekom, die amperbootjies is ideaal en die manne ken van! As jy nog kans sien hiervoor en kan met veiligheid jou ding doen -- laat waai.
Baie groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...