Raad keur ontwikkelingsplan goed

Raad keur ontwikkelingsplan goed

Gansbaai Courant

Die Raad van Overstrand Munisipaliteit het die munisipaliteit se vyf jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die tydperk 2017/18 tot 2021/22 goedgekeur.

Die GOP is die munisipale strategie van die Raad. Die begroting gee uitvoering aan die GOP en dui aan watter fondse aan die strategiese doelwitte bestee sal word. Kommentaar is gedurende April 2017 tydens die padskoue oor die GOP en begroting ontvang en is, waar toepaslik, by die finale planne ingewerk.

Die munisipale begroting vir 2017/18 beloop R1,135 miljard, waarvan R1,037 miljard aan bedryfsuitgawes (OPEX) en R97,6 miljoen aan kapitaaluitgawes (CAPEX) bestee sal word.

OPEX dek die dag-tot-dag uitgawes van die munisipaliteit en 50% van die bewilligde fondse sal vir die voorsiening en instandhouding van munisipale dienste aangewend word. 20% sal onderskeidelik aan die voorsiening van demokratiese, verantwoordbare en etiese regering en aan die bevordering van toerisme, ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bestee word. Die oorblywende 0,28% en 10% sal onderskeidelik aangewend word vir die aanmoediging van gestruktureerde gemeenskapsdeelname aan die sake van die munisipaliteit en vir die daarstelling en handhawing van ’n veilige en gesonde omgewing.

CAPEX word aangewend vir infrastruktuurontwikkelling (kapitaalprojekte) en 69% van die kapitaalbegroting van R97,6 miljoen word bewillig vir die voorsiening en instandhouding van munisipale dienste.

Die ander 31% sal gebruik word vir projekte wat verband hou met die GOP se strategiese doelwitte om toerisme, ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te bevorder, ’n veilige en gesonde omgewing te vestig en te handhaaf, gestruktureerde gemeenskapsdeelname aan die sake van die munisipaliteit aan te moedig en om demokratiese, verantwoordbare en etiese regering te voorsien.

Die behoeftes wat in die GOP geïdentifiseer word, word nie alles deur die munisipaliteit befonds nie.

Toelaebefondsing van die Nasionale en Provinsiale regering, wat 14% van die totale 2017/18-munisipale begroting uitmaak, dek aspekte soos behuising, onderwys, gesondheid, biblioteke en sport en ontspanning.

Munisipaliteit Overstrand sal toesien dat die aanwending van alle fondse streng gemonitor word en dat die behoeftes van ons gemeenskappe binne die beperkings van die beskikbare begroting aangespreek word.

Raad keur ontwikkelingsplan goed

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant