Fotografieklub is oorlaai met opwinding

Fotografieklub is oorlaai met opwinding

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se inisiatiewe om byeenkomste en uitstappies interessant, insiggewend en ook gesellig te maak, ken geen perke nie. Met Veronica du Plessis as voorsitter en die res van haar bestuurspan is daar geen einde aan opwinding nie. Die onlangse naweekuitstappie na Wortelgat by Stanford was maar een van baie geleenthede wat vanself spreek.

Wortelgat uitstappie

Wat ‘n naweek was 9 tot 11 Junie by Wortelgat, Stanford nie! Veronica, die klub se voorsitter, het geen moeite ontsien om die naweek so aangenaam as moontlik te maak nie - en Veronica mag maar kos maak ook - dit was ‘n naweek van “eet tot jy bly lê”!

Die naweek was gefokus om ‘n werkswinkel oor stillewe- en tekstuurfotografie na aanleiding van Marc en Veronica du Plessis  se teorielesings oor die onderwerp, maar dit was ook die ideale tyd vir lede om mekaar beter te leer ken.

Vir die stillewefoto’s is die groep in twee spanne verdeel, maar met die neem van tekstuurfoto’s was elke lid op sy eie inisiatief aangewese.

Goeie foto’s is geneem en die wenners is met lekker “tjoklits” as pryse bederf!

Die 10 fotograwe en gaste wat van die naweekuitstappie ‘n gesellige sukses gemaak het, is Marc en Veronica du Plessis, Riaan en Dorothea Jacobs, Christo en Annette Wessels, Schalk en Miemie Pienaar, Hardus Botha en Nelleke Ferreira.

Greyton uitstappie

Die tien fotograwe van Gansbaai Fotografieklub wat Greyton Saterdag, 6 Mei 2017 besoek het, het ten doel gehad om herfslandskappe te fotografeer wat tydens ‘n volgende byeenkoms beoordeel is.

Die groep wat die dag in Greyton deurgebring het, was Jane en Genevieve Bailey, Nelleke Ferreira, Marc en Veronica du Plessis, Vera Swart, Christo Wessels, Annetjie Visagie, Riaan Jacobs en Piet Visagie.

“Fantastic camera”

Sam Haskins once said: “A photographer went to a socialite party in New York.

As he entered the front door, the host said: ‘I love your pictures; you must have a fantastic camera.’ The photographer said nothing until dinner was finished, then he said: "That was a wonderful dinner; you must have a terrific stove!"

Kom sluit aan!

Fotografieklub is oorlaai met opwinding

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant