Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vir ‘n persoon wat nie ‘n seemens is nie moet dit seker baie vervelig wees en glad nie lekker nie, om met iemand te gesels wat blykbaar net oor die see en hengel wil praat! ‘n Man weet tog jy steek die grens oor as jou vrou gereeld sê, “Kan jy oor niks anders gesels nie?”
Ek dink wel dat wanneer jy met die kommunikeerdery agterkom hierdie man voor jou wil of kan nie juis saamgesels nie, daar een of ander rede voor moet wees.
Dalk kan hy nie, omrede hy nooit die kans gegun is of dalk nie die tyd gehad het om die see beter te leer ken nie.
Wil jy glo, daar ís sulke mense! En dan begin jy bespiegel oor waaroor julle SOU kon gesels. Dalk sou jy nog by hom kon geleer het hoe sy hengelgereedskap werk, of jy sou hom kon vertel van hierdie groot vis wat jy eendag gevang het.
Ons kan dan ook wyd gesels oor watter bote hy verkies (en waarom), asook hoe hy sekere probleme met sy buiteboordmasjiene hanteer. Of anders is daar al die goed wat op of langs die see gebeur.
Hierdie kêrel lyk asof hy met die nodige ondervinding lekker sal kan gesels. Dit kan dalk die moeite loon om hom te probeer betrek by die volgende see toe gaan. Ek loer na hierdie maat van my (ja, daar is twee van ons, albei “gesout”), en wonder of hy iets kan voorstel om hierdie ou wat so verveeld lyk, te laat meedoen.
My vrou kyk my so skuins aan en ek verwag die gewone, maar wil jy glo, sy sê: “Wanneer daar onweer in die lug is gaan die vis nie byt nie. Ons kort ook meer westewinde om die water reg te kry”. Skielik besef sy waarmee sy besig is en spring haastig op om te gaan koffie maak. Hierdie keer loer ek vir háár!
Dis al oor twee in die namiddag en om een of ander rede begin die wind mos altyd dan te waai. Ons neem stelling in voor die glasskuifdeur vanwaar ons die see behoorlik kan waarneem. Die sterk winde ruk aan die glas en groot branders slaan woes teen die rotse. Nou praat nie een van ons eintlik nie. Ons mediteer sien, elkeen besig met sy eie waarnemings en gedagtes. Eintlik aangenaam so, dis snoesig hier binne. Ons was redelik lanklaas op die water en ek bekyk die wêreld en wonder wanneer ons weer kans gaan kry. Amper tyd vir snoek en geelbek. Met die springlaag behoort daar weer rooiaas uit te spoel. Galjoen se kos. Nog ‘n paar maande voor die kabeljou weer sy verskyning maak.
Daar gaan ek al weer….. baie groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...