Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Man wat ‘n saak van Poging tot Moord teen ‘n motorbestuurder geopen het, is presies 5 dae later deur die polisie in hegtenis geneem weens ‘n ander saak wat verband hou met ‘n rooftog.
Beide mans het dieselfde dag, 5 Julie in die Hermanus Landdroshof verskyn op die onderskeie aanklagte.
Die eerste saak spruit voort toe die 44-jarige Johan Brandt na bewering ‘doelbewus’ probeer het om die klaer met sy motor raak te ry.
Die klaer, Pieter Germishuys (27) was ‘n voetganger ten tye van die voorval wat Dinsdag 27 Junie op die hoek van Kerk- en Voortrekkerstraat plaasgevind het.
Germishuys het ‘n klag van Poging tot Moord by die plaaslike SAPD geopen.
Brandt is in hegtenis geneem en borg is teengestaan toe hy Woensdag in die hof verskyn het.
Germishuys, die klaer in bogenoemde saak, is Sondag, 2 Julie in hegtenis geneem op ‘n aanklag van roof.
Sy inhegtenisname hou verband met ‘n rooftog wat Saterdag, 1 Julie 2017 plaasgevind het. Nog ‘n persoon was na bewering betrokke by die voorval.
Gansbaai SAPD het in hierdie geval ook borg teengestaan tydens die hofverskyning op 5 Julie.
Die saak word ondersoek.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...