SAPD tree flink op, inbrake bly kopseer

SAPD tree flink op, inbrake bly kopseer

Gansbaai Courant

Goeie werk deur konstabels Lubuzo Ntshidi en Magalani, het Maandagaand, 3 Julie 2017 daartoe gelei dat Mpendulo Dilima (32) vir die besit van heroïen in hegtenis geneem is.

Gansbaai SAPD se Kommunikasie beampte, AO Wynand le Roux, meld in ‘n persverklaring dat die betrokke konstabels ‘n verdagte voertuig by ABSA dopgehou het en daarna naby die Gansbaai Superspar kruising van die pad af getrek het. Die bestuurder het ‘n banksakkie by hom gehad. By nadere ondersoek is gevind dat daar heroïen in is en  Dilima is gearresteer. Hy het reeds in die Hermanushof vir die besit van dwelms verskyn.

Huisbrake raak kopseer

Gansbaai SAPD se Kommunikasie beampte, AO Wynand le Roux, meld in ‘n persverklaring dat huisbrake wat ernstig aan die toeneem is, ‘n groot kopseer raak en dat veral Pearly Beach erg deurloop.

Inwoners word weer eens versoek om seker te maak dat alarmstelsels geaktiveer is voordat wonings verlaat word. Vensters en deure moet te alle tye toe gehou word, met of sonder die inwoners se teenwoordigheid in hul wonings.

AO Le Roux versoek ook dat inwoners hul bure en whatsapp-groepe sal inlig wanneer daar met vakansie vertrek word. Kontakbesonderhede moet ook wedersyds uitgeruil word.

Hierdie optrede is nodig in die geval van inbrake waar toegang tot wonings nodig is vir die neem van vingerafdrukke, asook om gebreekte strukture en/of vensters te kan vervang.

Verdagte persone moet summier aan Gansbaai SAPD gerapporteer word en die betrokke SAPD-lid se naam moet verkry word indien nodig vir latere verwysing.

Is jy al deel van die groep?

Gansbaai: Hugh-Daniel Grobler – 072 352 7776

Perlemoenbaai: Johan Pieterse – 082 876 7700

Add. nommer: Lawrence Badenhorst – 083 691 6504

Franskraal Buurtwag: Willem vd Merwe – 083 791 8497

Kleinbaai: Janine Taylor – 082 499 0222

De Kelders: Mark Collings – 074 465 1058

Pearly Beach: Johan du Toit – 072 627 9535

Pearly Beach Oord: Theuns Scholtz 082 379 0462

Baardskeerdersbos Plaaswag: Japie Swart 082 325 8530

SAPD tree flink op, inbrake bly kopseer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant