Derek deel waardevolle tuinwenke

Derek deel waardevolle tuinwenke

Gansbaai Courant

Sop en sjerrie op ‘n koue wintersoggend was nie al wat op die dames van die Bietoubos Damesklub gewag het tydens hulle maandbyeenkoms nie. 

Hulle het ook nuttige tuinwenke ontvang wat maklik toegepas kan word.

Die gasspreker was Derek Zeller van Groeneweide Kwekery. ‘n Klublid, Enna Lotz deel ‘n paar van die belangrikste wenke met ons lesers: 

Derek se Tuinbou wenke 

* Moenie blare weggooi nà ‘n stormwind nie - gebruik dit as grondbedekking;

* Dis nou die regte tyd om bolle te plant as jy Septembermaand blomme wil hê;

* Goeie voeding van die grond is belangrik - beenmeel, Engelse sout en kompos, wat sommer bo-op gegooi kan word wanneer dit reën;

* 'n Deklaag (mulch) is ‘n effektiewe middel om onkruid te beheer;

* Een derde van roosbome kan weggesny word, maar die wonde moet geseël word en die spuit van kalkswael of gewone Engelse sout word aanbeveel;

* As kan vir suurgrond gebruik word;

* Proteas kan eerder in potte geplant word indien die grondmengsel reg is;

* Indien nodig, gebruik Gardenpest, ‘n sistemiese gifstof.

Derek het ook ‘n lollipop-demonstrasie met die Australiese Boskersie (Australian Brush Cherry) gelewer.

“Ten slotte, iets om oor te glimlag en dalk help dit om van die koue te vergeet,” vertel Enna.

“I decided to take an aerobics class.

I bent, twisted, gyrated and jumped up and down for an hour. By the time I got my leotards on, the class was over….!” 

Derek deel waardevolle tuinwenke

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant