Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Lynette van Wyk van Dance Variations Co Ministry in Gansbaai is vuur en vlam op pad na ‘n professionele opvoering, Spring has Sprung, gedurende September vanjaar.
Christian Pinkerton van Hermanus, waar hy by Michelle se dansskool, New Creation, betrokke is, het ingestem om vir Lynette as Balletmeester op te tree.
Christian het as professionele danser Suid-Afrika in 2015 by die Wêreld Danskampioenskappe verteenwoordig en met ‘n goue medalje teruggekeer. Naas sy professionele dansloopbaan, is Christian ook ‘n uitstaande masseur en refleksoloog, met sy eie praktyk in Hermanus. Hy is ook 7 tale magtig: Afrikaans, Engels, Zulu, Russies, Frans, Duits en Hebreeus.
Marzhan Roux (14) van Hermanus Hoërskool, ‘n kranige netbalspeler, het haar ook by Lynette se dansertjies waarvan haar sussie, Marli Roux (6), ook lid is, aangesluit.
Wepener van der Walt, ‘n vriend van Christian, wat vir sowat 5 jaar ‘n sirkuskunstenaar was, help Christian tydens die oefensessies.
Nog ‘n vriend van Lynette, Philip Boyd, woon van die oefensessies as eregas by.
Philip was getroud met wyle Phylis Spira, ‘n voormalige Prima Ballerina. Hy is tans die CEO van DFA (Dance for All), maar tree die einde van die jaar af, waarna hy hom permanent in Hermanus gaan vestig.
Lynette mag maar
Lynette van Wyk se maatskappy, Dance Variations Co Ministry in Gansbaai, het geen bekendstelling nodig nie. In 2005 het sy ‘n jarelange en getroue vriend van haar, Mark Samwell van Pretoria, as haar maatskappy se direkteur aangestel.
Lynette is ‘n lid van RAD (Royal Academy of Dancing), asook van ISTDA (Imperial Society of Teachers of Dance Incorporated). Sy is ook ingelyf by die Cecchetti Society en die Federal Association of Dancing of Australasia and New Zealand. Onder die Seal of the Society at London, England Advanced Teachers and Solo Seal, het Lynette 112 Sertifikate van Erkenning vir haar 60 jaar in die Kuns van Dans en gespesialiseerde mentorskap ontvang.
September 2017
Verder beplan Lynette om ‘n verskeidenheid van sowat 40 dansers, met die hulp van Christian Pinkerton en Michelle, aan haar opvoering, Spring has Sprung, in September 2017 te laat deelneem.
Die voorlopige program bevat sowat 14 items, met ‘n verskeidenheid van dansers, balletdansers, drama en sang en selfs “ballroom dancing”.
Die opvoering, wat oor die Funky Fynbos Festival naweek val, maar deur Lynette op haar eie gereël word, beloof om ‘n unieke geleentheid vir Gansbaaiers te wees wat nie misgeloop mag word nie.
Die goeie nuus is dat alle fondse wat tydens die opvoering ingewin word, ten bate van Gansbaai Elim Huis in Kerkstraat sal wees, waar die nood vir die versorging van gestremde kinders hoog is.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...