Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
As jy by Kleinbaaihawe wegtrek op pad na Holbaai, lê Joubert se Dam aan jou linkerkant. Dan word die plek nog soort van onderverdeel, want elke ou het sy voordeelplek, vernoem na sy eie beskrywende naam.
Vlakker na die wal is daar ook meer prominente riwwe en op hierdie banke word sommer baie vis gevang en dis juis een van die redes waarom Joubert se Dam so ‘n gunsteling-plek is.
Een of ander tyd gedurende die jaar sal jy ook geelbek êrens raakloop - of roman of PW’s of hotties en ook steenbras, afhangende van watter vis die dag byt. Dan kan jy ook seker daarvan wees dat buiten hierdie vis een of ander spesie jou gaan verras. Daar is vlak plekke, diep gate, riwwe, banke en waarvoor jy ookal soek. Joubert se Dam sal altyd ‘n goeie keuse wees - en redelik veilig, solank jy nie onnodige kanse waag nie. Jy sal dikwels die haaibote hier gewaar en ‘n haai sal een of ander tyd sy opwagting maak, en dis die groot bulle, hoor. Wanneer jy die vlak plekke opsoek is die haai-bote ‘n aanduiding waar jy moet gaan lê, sommer baie na aan hulle.
Oppas net, die manne wil ook nie onnodig gepla wees nie, wees maar oordeelkundig.
Wanneer jy op pad is na hierdie plekke is daar ook heelwat ander gate om te oorweeg.
Jy beweeg net Haaiklip verby dan lê Haaisteentjie reg voor jou. En as die tjokka gesig wys kan jy maar hier probeer.
Wynand se Steen is die ander plek wat ook oorweging verdien. Dis waar jy al begin oog gooi oor hoe die water by Joubert se Dam lyk.
Ek weet nie van enige plek waar daar altyd vis byt nie en Joubert se Dam is geen uitsondering nie.
In so ‘n geval kan jy verder gaan na Holbaai, Geelbekgat of Eiland se kant toe, met Die Noorderif wat wag.
So is daar ook ander plekke in die omgewing om te gaan vang en jy kan maklik jou eie hengelgaatjie vaspen waar jy nog baie genotvolle dae sal deurbring.
Grappie
Die skipper tel ‘n wildvreemde man op om die “crew” vol te maak. Jan, een van die gereelde manne, fluister in die skipper se oor, “Dié kêrel lyk maar rof”. Later die dag probeer die nuwe man water skep met die emmer, verloor sy balans en foeter die see in. Jan, weer aan die skipper: ”Geweet ons kan die man nie vertrou nie, hy’t jou emmer gesteel!”
Baie groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...