Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Wat ‘n skok was dit nie vir André en Judith Vorster om Sondag, 16 Julie vanaf ‘n troue naby Greyton terug te keer huis toe en in ‘n roetgevulde huis in Parkstraat, Perlemoenbaai in te stap nie.
‘n Inbreker het oor die naweek ‘n klein ondervenstertjie van die egpaar se slaapkamer aan die straatkant uitgeslaan om toegang tot die huis te verkry.
Die vermoede bestaan dat hy ‘n vuurhoutjie aangesteek het om te sien wat binne aangaan. Sy skok moes groot gewees het toe die gordyn aan die brand slaan en die vertrek binne sekondes in vlamme gehul was.
Hy het waarskynlik dadelik op die vlug geslaan, aangesien niks gesteel is nie. Die vlamme het opwaarts versprei en die plafonkante in die kamer is verbrand.
“Ons kan net dankbaar wees dat die vlamme, vir watter rede ookal, in die kamer gesmoor het, anders het die huis afgebrand,” vertel André. “Ons glo die Here het vir diè wonderwerk gesorg.”
Die enigste verbrande item is ‘n rottangstoel van Judith se ouma met baie sentimentele waarde vir haar.
Die hele huis is vol roet, wat groot skade veroorsaak het - selfs hulle wit-en-swart kat was pikswart met hul aankoms. Hulle kosbare versameling van oudhede, skilderye en musiekinstrumente is ook alles vol roet.
“Ons het net verlede week kwotasies vir ‘n alarmstelsel aangevra en sou dit hierdie week laat installeer het,” vertel André.
Gansbaai Courant (Donderdag, 3 Maart 2016) het verlede jaar ‘n berig, “Vrystater bou self”, geplaas waarin verwys is na André, ‘n voormalige boer en sakeman van Bloemfontein, wat hulle huis in Perlemoenbaai eiehandig gebou het en selfs sy eie werkers vanaf Bloemfontein saamgebring het.
Judith, ‘n voormalige skole-inspekteur, kon eers in April 2016 by hom aansluit. André se stokperdjie is vliegduiwe en hy is ‘n aktiewe lid van Gansbaai Posduifklub. Judith, met haar liefde vir musiek, is ‘n lid van die NGK se kerkkoor.
“Noudat die skok agter die rug is, sien ek verskriklik op na die skoonmaak,” vertel Judith.
“Daar is nie ‘n kledingstuk, meubelstuk of hoekie in die huis wat nie vol swart roet is nie!”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...