Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Vrou wat haar nood tussen die bome naby Gansbaai Superspar wou verlig, is van haar handsak beroof toe sy midde in die daad van verligting was.
Die voorval het Saterdag, 1 Julie plaasgevind.
‘n Boosdoener wat tussen die bosse geskuil het, kon seker nie sy geluk glo toe die vrou haar in ‘n hulpelose posisie bevind het nie. Hy het die band van haar handsak blitsig met ‘n mes losgesny en daarmee laat spaander.
Sy het ‘n klag by Gansbaai SAPD ingedien en het die man as Pieter Germishuys beskryf.
Die 27-jarige Germishuys is slegs 5 dae vroeër op ‘n aanklag van roof met borg vrygelaat.
Pieter het in die rigting van Fountainhill gehardloop, waar die handsak later deur die polisie gevind is.
Hy is die daaropvolgende Maandag gearresteer en het Maandag, 17 Julie in die Hermanushof verskyn. Die saak is uitgestel om ‘n borgprofiel gereed te kry.
Intussen bly Germishuys in aanhouding.
Volgens Sp.Kapt. Danie Rautenbach sal borg nie weer toegestaan word nie, weens die misdaad wat gepleeg is terwyl hy vir ‘n vorige, soortgelyke oortreding op borgtog vrygelaat is.
Gansbaai Courant het in die uitgawe van Donderdag, 6 Julie 2017 ‘n berig “Beskuldigdebank wag toe vir albei”, geplaas.
In die berig is verwys na Germishuys wat ‘n klag van poging tot moord teen ‘n motorbestuurder, Johan Brandt (44) gelê het wat eersgenoemde na bewering doelbewus probeer omry het.
Germishuys, wat die aanklag ingedien het, is kort na die omry-insident op 'n ander aanklag van roof gearresteer.
Germishuys en Brandt het albei op dieselfde dag as beskuldigdes in verskillende sake voor die regsbank verskyn in die Hermanus Landdroshof.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...