Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die dryfveer agter Rooi Bier, ‘n gewilde restaurant in Pearly Beach, is kort na haar 59ste verjaardag na ‘n kort siekbed oorlede.
Die legendariese vrou, Sandra Prinsloo, wat saam met haar man Frik, die Rooi Bier al vir die afgelope 12 jaar bedryf het, is Maandag, 10 Julie aan kanker oorlede. “Drie maande voor Sandra se dood het ons nie geweet sy makeer iets nie,” vertel haar eggenoot, Frik Prinsloo. “Sy het net al hoe meer van pyn begin kla en toe kanker gediagnoseer is, het sy wel bestraling ontvang, maar die siekte het reeds haar liggaam deurtrek en daar was niks meer wat gedoen kon word nie.”
‘n Groot groep vriende, waarvan 'n aantal uit Johannesburg, het na Sandra se afsterwe op Pearly Beach se strand bymekaar gekom om van haar afskeid te neem. Dit was Sandra se wens dat sy op hierdie wyse gegroet sou word.
Dit was ‘n bitter koue dag, maar haar wens is vervul en daar is op ‘n gesellige wyse van die legendariese Pearly Beach vrou afskeid geneem Die stranddorpie en Rooi Bier sal nie meer dieselfde wees sonder Sandra nie, maar die lewe gaan aan.
Sandra is op 28 Junie 1958 in Roodepoort, Gauteng gebore, waar sy ook grootgeword het.
Sy en Frik, ook van Roodepoort, is sowat 35 jaar gelede, op 30 Januarie 1982 daar in die huwelik bevestig.
Die egpaar se seun, Christo Prinsloo is in 1994 oorlede. Hulle dogter, Belinda (34) woon in Kaapstad, en is met Marius Burger getroud.
Frik het reeds in 2000 ‘n huis in Pearly Beach gekoop, maar die egpaar het eers in 2005 permanent hierheen verhuis.
“Terwyl ek nog in Gauteng was, het Sandra solank na Pearly Beach verhuis en die Rooi Bier oopgemaak,” vertel Frik. “Ek het eers in Desember daardie jaar permanent hierheen verhuis.”
Gedurende 2011 het Frik en Sandra die gebou, waar Pearly Beach Minimark tans is, gekoop en Sandra het die Rooi Bier restaurant ook daarheen verskuif.
“Sandra was ‘n unieke mens en miskien nie onder almal ewe gewild nie, maar dit is omdat sy onverskrokke reguit was,” vertel Frik.
“By haar was daar geen grysarea nie, ‘she called a spade a spade’, en het nooit doekies omgedraai nie.”
Frik sê die dokter in MediClinic het Sandra as ‘n ‘ongeslypte diamant’ beskryf.
Ondanks hierdie onverskrokke reguit karaktereienskap van Sandra, was sy ‘n gemeenskapsmens met ‘n groot omgeehart vir ander se nood.
Sy het baie fondsinsamelingsprojekte geloods, soos dié ten bate van BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre), SAPD-staptogte, Polisiëringsforum, Buurtwag en andere.
Nadat Sandra haar eie vinger byna afgesny het, het sy besluit daar moet noodhulpdienste in Pearly Beach wees. Met Sandra aan die stuur van sake is daar saamgespan en skouer aan die wiel gesit.
Die fondsinsamelingsveldtog wat geloods is het R50 000 opgelewer.
Saam met ander borgskappe en ondersteuning kon die munisipale gebou oorkant die Rooi Bier, Donderdag, 14 Maart 2014, as die Pearly Beach Noodhulpkamer amptelik geopen word.
Sandra het diep spore in die pragtige stranddorp getrap en Pearly Beach sal nooit weer dieselfde wees sonder hierdie vrou nie.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...