Blinde evangelis oorlede na beroerte

Blinde evangelis oorlede na beroerte

Gansbaai Courant

“Isibubulungu” - ‘n Zoeloe-woord vir: “Daar is geen begin nie en daar is geen einde nie”. Wat ‘n pragtige en raak-beskrywing is dit nie vir ‘n dolos wat in die hawe lê, deur die ‘oë’ van ‘n blinde persoon nie.

Dit is hoe die blinde evangelis, wyle Ngidane (Joseph) Gumede (70), ‘n dolos tydens sy besoek aan Gansbaai beskryf het, nadat hy stadig rondom ‘n dolos gestap het en dit behoorlik bevoel het.

Joseph, ‘n bekende persoonlikheid onder heelparty Gansbaaiers, is Donderdag, 6 Julie 2017 oorlede, nadat hy ‘n maand vantevore ‘n beroerte-aanval gehad het. Hy het as evangelis op die Makhathini-vlaktes in die Noord-Ooste van KwaZulu-Natal gewerk.

Gedurende Maart 2016 het Joseph Gansbaai saam met ‘n groep Woordverkondigers van die Makhathini-vlaktes, besoek.

Hulle het onder andere die grotte in De Kelders, Gansbaai hawe en Agulhas besoek. In die Birkenhead Boothengelklubsaal is daar met ‘n gesellige braai afskeid geneem van die groep. Oor al hierdie wedervaringe kon Joseph nie uitgepraat raak nie - alles is aan hom verduidelik en, waar moontlik, kon hy alles met sy hande “besigtig”.

Joseph het daarvoor bekend gestaan dat hy sy lewe deur onuitwisbare indrukke met sy treffende Christelike getuienis en sy entoesiasme en ywer om die Evangelie te verkondig, op mense gemaak het.

Joseph is van babatyd as ‘n weeskind deur familie grootgemaak.

Sy oë het blywende skade opgedoen nadat hy as baba te lank buite laat lê is, terwyl hy na die son gekyk het.

Hy het nooit skoolgegaan of braille geleer nie. In 1975, toe hy ongeveer 28 jaar oud was, het ‘n student van die Evangelisteskool by Dingaanstat, Samson Mandlakazi, hom besoek. Daar het Joseph vir die eerste keer van die Evangelie van Jesus Christus gehoor en sy hart onvoorwaardelik aan die Here gegee. Van daardie dag af was daar geen keer aan Joseph en sy evangelisasiewerk nie. Mettertyd kon hy bykans enige Bybelteks in die Zoeloe Bybel kwoteer en soms selfs die bladsynommers.

Sy droom om ‘n volwaardige Evangelis te word, is bewaarheid toe hy later jare amptelik as Evangelis georden en bevestig is. Hy is die geleentheid gebied om homself as ‘n amptelike predikant te kwalifiseer, maar het dit van die hand gewys: “My enigste droom is om myself as ‘n volwaardige Evangelis te bekwaam en om evangelisasiewerk onder die mense te doen,” het hy gesê.

Blinde evangelis oorlede na beroerte

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant