Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Groep van 22 persone van Cape Whale Coast se toerisme- en bemarkingspersoneel het Kaapstad onlangs besoek om te kyk wat die Moederstad bied.
Glenda Kitley en Doulene Els van Gansbaai Toerisme asook 2 van Gansbaai se raadslede, het deel uitgemaak van die groep wat Donderdag, 6 Julie vanaf Hermanus na Kaapstad vertrek het.
“Ons was baie opgewonde”, vertel Glenda Kitley. “Om per bus Kaap toe te kon ry, het beteken ons kon die pragtige landskappe, Sir Lowry's bergpas, Kaapstadse lughawe, Tafelberg en baie meer rustig vanuit die hoogte besigtig, geniet en waardeer!”
Die groep se eerste besoek was aan die Tsogo Sun waar hulle die South African Tourism Road Show bygewoon het met Minister Alan Winde as die gasheer.
Daar is die aanbieders se Campaign: I Do Tourism and We Do Tourism aan die groep bekendgestel en verduidelik.
Glenda sê die fasiliteerders het dit duidelik gemaak dat alle inwoners van ‘n dorp toerisme behoort te bevorder en te beoefen, vanaf die petroljoggie tot by besigheidseienaars.
Daarna is ‘n smaaklike middagete geniet, waarna die groep na die gewilde V&A Waterfront vertrek het, waar hulle rustig kon ronddwaal. Hulle was ook bevoorreg om ‘n Behind The Scene Tour in die Two Oceans Aquarium te kon meemaak.
Minister Alan Winde se kantore van die Ministerie van Ekonomiese Geleenthede, is daarna besoek. Minister Winde het as gasheer opgetree, soos wat hy “elke eerste Donderdag” vir verskillende groepe doen. Die kuiergaste kon rondbeweeg om te sien wat daar alles is om aan toeriste bekend te stel.
“’n Hoogtepunt vir ons was toe ons in twee groepe opgedeel is en deur die strate van Kaapstad aan die sogenaamde ‘Thursdays Walk and What’ kon meedoen,” vertel Glenda. “And what an experience this was - a Cape Town vibe at night!”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...