Hoe ouer die wyn, hoe beter...

Hoe ouer die wyn, hoe beter...

Gansbaai Courant

Hou ouer die wyn, hoe beter!  Dit was ‘n goeie rede om (tong-in-die-kies) verlede maand se Gansbaai Wynproegilde berig ‘n week of twee uit te stel.

Die wynproe-aand vir Julie is in die Great White House aangebied saam met ‘n komplimenterende spyskaart. Hoewel die paar weke se uitstel nie werklik gehelp het vir die veroudering van die jong wyne wat aangebied is nie.

Michell Haai, ‘n uitstekende aanbieder en streeksverteenwoordiger van Ashton Wynkelder, het die gaste sommer gou aan haar lippe laat hang - én laat toustaan om bestellings te plaas.

Die meerderheid van die aand se wyne was baie jonk en het ‘n mate van kritiek uitgelok.

“Tot op datum het ons meer op massaproduksie gefokus,” het Michell gesê. “Ons begin egter nou meer fokus op gebottelde wyn en daarom is die meeste van vanaand se wyne baie jonk.”

Die uitstekende (jong!) wyne van Ashton Wynkelder wat geproe is (lede se beoordeling in hakkies), is 2017 Sauvignon Blanc (silwer+), 2017 Chenin Blanc (silwer+), 2017 Chardony Unwooded (silwer+), 2015 Pinotage (goud), 2015 Red Muscadel (silwer++) en 2015 Roodewal Reserve (goud).

Roodewal Reserve is ‘n besonderse rooiwyn, waarvan die grootste gedeelte na Japan uitgevoer word. “With a subtle aftertaste of dark fruit, black forest cake, cassis and cigar box, this wine pays homage to our beloved district, its people and its heritage.”

Die Roodewal Reserve bestaan uit Shiraz (40%), Carbenet (40%) en Pinotage (20%).

Chris Pead, uitvoerende sjef van die Great White House, het homself weer eens oortref met sy spyskaart wat die onderskeie wyne perfek aangevul het.

Hoe ouer die wyn, hoe beter...

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant