Tannie Joey Nel vier 90 mooi jare

Tannie Joey Nel vier 90 mooi jare

Gansbaai Courant

Tannie Joey Nell het Saterdag haar 90ste verjaarsdag gevier. Sy woon sedert Februarie 2017 in Gansbaai. Sy het 3 kinders (Theo, Lynn en Leon), 5 kleinkinders en 4 agterkleinseuns.

Tannie Joey is in 1927 gebore. Sy het grootgeword in Magaliesburg omgewing op die plase Seekoeihoek en Sandfontein. Sy vertel graag staaltjies oor haar gelukkige kinderjare; kaalvoet loop, enige “tricks” om nie skoene skool toe te dra nie wat dan onvermydelik uitgeloop het op ‘n pak slae; hulle lewe met kerse en afstap na die rivier om water te gaan haal.

In 1946 is sy getroud met oom Jan Nell van Krugersdorp.  Tannie Joey en oom Jan se pad het wyd gedraai in ‘n huwelik van amper 50 jaar.

Hulle is as pasgetroudes na Nkana in die destydse Noord Rhodesie waar oom Jan by die myn gewerk het. Hul oudste seun Theo is daar gebore. 

Later is hulle na Mufulira waar oom Jan op die Koperbelt gewerk het. Lynn en Leon, haar ander twee kinders is daar gebore. 

Hier het haar vrees vir donderweer en wind ontstaan toe ‘n groot boom hul huis te pletter geval het en sy net betyds met die twee klein kindertjies buitentoe kon hardloop.

Sy het altyd met deernis vertel hoe die mense hulle kom help het om gou weer in ‘n nuwe mynhuis te  kon tuisraak.

Oom Jan was ook destyds betrokke by Operation Noah in Kariba waar hulle gestrande diere van die eiland gaan red het.  

Die Nell familie is in 1963 terug na Suid-Afrika waar Tannie Joey vir 20 jaar, tot en met haar aftrede, as bestuurderes van Edgars gewerk het.

Na hul aftrede het hul pad in Durban gaan draai waar oom Jan in Februarie 1996 skielik oorlede is.

In 2004 het sy saam met haar dogter en skoonseun, Lynn en Japie, van Randfontein na Somerset-Wes verhuis.

 Met die egpaar se aftrede het die mooie Overberg kusdorpie hulle harte gesteel en met hul verhuising na Kleinbaai in Februarie vanjaar het tannie Joey saamgekom en woon sedertdien in Huis Breda.

Lynn en Japie se innige dank gaan aan almal wat bygedra het om hierdie spesiale vrou se verjaarsdag ekstra spesiaal te maak.

Bygedra

Tannie Joey Nel vier 90 mooi jare

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant