Ons weet mos!

Ons weet mos!

Gansbaai Courant

Daar is van ons manne hier wat behoorlik dankie moet sê vir die voorreg om gereeld te kan see toe gaan. ‘n Eie boot laat jou toe om hierdie voorreg deeglik te benut. Vir boothengelaars wat die see hier ken is daar ook ‘n paar ander faktore wat deeglik in aanmerking geneem sal word en in hul guns moet tel. Dink aan die volgende: Die weer wat (deur die jare) deeglik bestudeer is en eers wanneer jy besluit het, dis nou die tyd vir ‘n sekere vis om gesig te wys sal jy dit oorweeg om gewoonlik na ‘n sekere voorkeurplek te gaan. Jy sal ook weet watter vis watter ase verkies. Daar is natuurlik tye van die jaar wanneer die beste kennis egter nie goed genoeg is om te verseker dat jy jou vis gaan kry nie. Maar jy het steeds ‘n voordeel - jy dink heel moontlik nie altyd so daaraan nie.

Wat gebeur op die oomblik? Kom ons kyk na omstandighede. Watter oorwegings weet jy om in gedagte te hou? Ek het reeds gemeld dat die tyd van die jaar jou keuse sal beïnvloed. Dis nou die tyd dat jy sekerlik vir silwervis sal gaan. Selfs geelbek duik tussenin op en ‘n rooisteenbras is jy bewus van, is ‘n moontlikheid. Die weer sal ook met valkoë dopgehou word, want is dit nie haas tyd vir die snoek om ordentlik hier te kom ronddwaal nie! Deesdae is dit amper onmoontlik om te dink dat enige boot sonder veral ‘n GPS die water sal aandurf.

Wat die visvangs betref vergemaklik dit ook sake want die plekke word geplot en al wat jy moet doen is om die volgende keer  een van hierdie “gate” op te soek.

Dit is natuurlik so dat die vis nie vasgemaak is op spesifieke plekke nie met die gevolg dat jy soms na nuwe weivelde moet soek. Nou wat is die groot voordeel dan van ‘n visvinder en hoekom, indien die vis nie altyd daar is nie, jou tyd daar gaan mors?

Moet nie uit die oog verloor dat jy gewoonlik slegs ‘n plek sal plot indien dit produktief is nie. Die vis sal gewoonlik wei  waar dit paslik is en dit beteken in sommige plekke koraal of  kranse wat weer beteken daar sal spesies soos hotties en ook ander visse wees. En waarom jy weer daar sal probeer is omdat jy weet die omgewing is reeds as geskik beskou deur van die visse. Snoek weer, be-nodig ‘n ander omgewing en dit sluit nie juis riwwe in nie.

Dassiegat is ‘n goeie voorbeeld waar die omgewing verskil en slegs by uitsondering sal jy op ‘n gereelde grondslag ander hengelvisse daar aantref.

Ook hierdie kennis is ‘n tuisvoordeel.

Silwervis weet ons, se weiplek is in veel dieper water en ons merke sal daar wees.

So ook, behoort die “ou hande” hier te weet waar die kabeljou, geelbek, rooivis en al die ander spesies gewoonlik rond-dwaal. Lekker nè!

Groete, Seemeeu

Ons weet mos!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant