Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ek bekyk die man so skuinsweg waar hy teenoor my in die boot sit - hy het nog niks gevang nie.
Hy het my vroeër gevra of ek plek vir hom sal hê as ek weer see toe gaan en aangesien ek geweet het dat vandag ideaal sou wees, het ek hom saam genooi.
Die vis byt nie en ek maak van die geleentheid gebruik om so bietjie te gesels.
Hy kom daar van Natal se wêreld, sê hy, en het nog nie die tyd gehad om te probeer hengel nie, aangesien hy eers sy studies moes voltooi.
Hy brei nie verder hierop uit nie en as ek hom so beskou lyk hy vir my nog baie jonk vir ‘n man wat so baie tyd moes opoffer om een of ander graad te behaal.
Gedurende die volgende week of wat het ek Bert goed leer ken.
Sy vrou, het hy my ingelig, sou later volg.
Die ernstige kant van hom het heel dikwels na vore gekom, maar hy kon lekker lag en was baie aangenaam. Ook het hy met die “crew” baie goed reg gekom.
Ek was tog van mening dat die visvangery vir hom nie die belangrikste was nie.
Hy kon nie uitgepraat raak oor ‘n mooi sonsopkoms nie en ‘n vis sou hy met groot belangstelling bekyk en hom dikwels verwonder aan die verskeidenheid kleure.
Enige vis wat hy gevang het, is met respek en verwonde-ring beskou voordat dit versigtig in sy laaitjie geplaas is. Ek dink hy sou beter gevoel het indien dit terug in die see beland het! ‘n Walvis het hom amper oopmond gelaat en ‘n seemeeu was vir hom ‘n wonderlike kreatuur. Baie maal het ek opgelet dat hy na bo kyk en dit was blykbaar nie vir hom vreemd om dinge met sy Skepper te deel nie.
Gedurende hierdie tyd het hy by meer as een geleentheid gemeld dat hy baie daarvan hou om saam met ons op see te wees, want, het hy gesê, dit lyk asof ons dieselfde waardes het. Hy sou graag een of ander tyd sy vrou aan ons wou voorstel. Dit het ek as ‘n groot kompliment beskou.
Ek het dit baie vreemd gevind toe hy, sonder om te groet, terug is Natal toe. Sy vrou het kort daarna gebel om my in te lig dat Bert skielik baie siek geword het en dringend mediese behandeling moes kry.
Hy het dit nie gemaak nie.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...