Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die leerders van Hoërskool Eben Dönges het vol moed en baie paraat vir Gansbaai Academia se eerste Interskole Sportdag opgedaag wat Saterdag, 12 Augustus 2017 aangebied is.
Die Sharkies se ‘maroen bloed’ het egter sterk deur hulle are gepomp en Gansbaai Academia het ‘n gemaklike oorwinning verseker.
Van die 12 onderskeie wedstryde van die dag, het die Sharkies slegs 3 verloor.
“Die goeie gees wat tussen die spanne geheers het was prysenswaardig,” het mnr Wilfred Taylor (Skoolhoof van Eben Dönges) gesê. “Let us play with the sole purpose to build bridges. That is why we are proud to be associated with Gansbaai Academia!”
Die Sharkies se o/15 rugbyspan, wat hulself verreweg as die beste span hierdie jaar bewys het, het skoonskip gemaak met ‘n telling van 52-0. Die puik afrigtingswerk van Bjorn Zeeman kon duidelik gesien word.
Die o/16 rugbyspan van Garren Verhoog het ook uitgeblink met ‘n wentelling van 19-0.
Die netbalspelers het ook hùl merk duidelik afgedruk, met die o/19 span wat 26-6 gewen het. Ruwayda Phillips het uitgedraf as kaptein en Chery Potberg as afrigter.
Byna onbeheersde opgewondenheid het langs die rugbyveld geheers toe die optog met die o/19 rugbyspanne naderkom.
Voor in die optog was die sjampanjenooi, Anelisa Xhego en haar begeleier, Ralph-Vino Richter. Agter hulle het die twee skoolhoofde, mnr Tommy Wilson (Gansbaai Academia) en mnr Wilfred Taylor (Eben Dönges) gestap, met die twee skole se helde van die dag agter hulle.
Dit was ‘n titaniese stryd en die eerste helfte het baie gelykop verloop. Na rustyd se spanpraatjie deur hul afrigter, Wynand Bezuidenhout en hulle kaptein, Eacwinn Rossouw, het die Sharkies die krane voluit oopgedraai.
Die somtyds geniepsige spel is gelukkig oorskadu met goeie afrondingswerk deur die Sharkies. Sterk voorspelerspel deur Nardie Groenewald en leierskap deur Eacwinn Rossouw. Die Sharkies behaal ‘n oortuigende oorwinning van 43-0.
“Gansbaai Academia het duidelik van hulle laat hoor dat sport, kultuur en akademie die pilare is waarop die skool gefundeer is,” het mnr Wilson gesê.
Finale uitslae
Rugby: o/15 wen 52-0; o/16 wen 19-0; o/19 wen 43-0.
Netbal: o/14 verloor 18-9; o/15 wen 23-8; o/16 wen 26-15; o/17 wen 18-2; o/19 wen 26-6.
Hokkie: dogters verloor 1-0; seuns wen 2-1.
Skaak: verloor 2-1.
Landloop: wen 3-0.
Dankbaarheid
“Dankie eerstens aan ons Sharkies wat so pragtig presteer het. Ons is baie trots op julle!” het mnr Wilson gesê. “Dankie ook aan die gemeenskap en sakelui vir die getroue ondersteuning.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...