B-liga wenners stof 13 skole uit

B-liga wenners stof 13 skole uit

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai se o/13 7’s rugbyspan het hul pad in die Laerskool Park Mosselbaai se 7’s rugbytoernooi op 29 Julie 2017 “oopgespeel”. Sodoende het die trotse Gansbaaiertjies die B-liga teen 13 ander skole, van Kaapstad tot Port Elizabeth, oortuigend gewen.

Die volgende oorwinnings is deur hulle behaal: Laerskool Gene Louw B (15 - 5), Laerskool Panorama B (15 - 5), Milkwood Primêr (20 - 5) en Bellpark Primêr (20 - 0). Gelykop wedstryde is teen teen Erika Primêr (5 - 5) en Laerskool Fanie Theron (5 - 5) gespeel. Met hierdie prestasies het Laerskool Gansbaai hul plek in die semi-finaal verseker.

In die semi-finaal het hulle teen Setlaars Park Primêre Skool van Port Elizabeth, wat deurlopend skitterende 7’s rugby gespeel het, te staan gekom. Gansbaai se 7’s was oorgehaal en kon met ‘n oorwinning van 20 - 10 in ‘n opwindende wedstryd seëvier.

Laerskool Fanie Theron, wat vroeër die dag Laerskool Gansbaai se strafste kompetisie was, het in die ander semi-finaal, in ekstra tyd, teen Laerskool Plettenbergbaai gewen, wat op ‘n spannende finaal gedui het.

Die groot oomblik het aangebreek en Laerskool Fanie Theron het ‘n voorsprong van 10 - 0 op die veld ingeneem. Die Gansbaaiers se moed is nie daardeur gebreek nie en met doelgerigte spel het hulle die wedstryd oortuigend met 25 - 10 gewen.

Laerskool Gansbaai het met diè oorwinning as die wenners van die B-liga uit die stryd getree.

“Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak, is dat Laerskool Gansbaai met 350 leerders teen skole van tussen 800 en 1 700 leerders meegeding het,” sê Michiel Geldenhuys, een van die span se afrigters.

 Die ander twee afrigters is Johnathan Doyle en Gordon Cornelius. Die trotse o/13 7’s rugbyspan van Laerskool Gansbaai en die twee mede-kapteins, AJ Bosch en George Groenewald, met spanlede Christoff Dahl, Charl Eksteen, Nieldré Groenewald, Daniel Hanekom, Janiel Klotz, Gavin Middleton, Hayward Valentine en Veno van Vuuren.

B-liga wenners stof 13 skole uit

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant