Overstrand weer eens Groenste Munisipaliteit landwyd

Overstrand weer eens Groenste Munisipaliteit landwyd

Gansbaai Courant

Die Munisipaliteit Overstrand is gisteraand (Dinsdag 20 November 2012) aangewys as die wenner van Groenste Munisipaliteit-kompetisie 2010/11 in die afdeling vir plaaslike owerhede  tydens ‘n prysuitdelingsfunksie in Pretoria wat deur die Adjunk-minister van Water- en Omgewingsake, me  Rejoice Mabudafhasi, gehanteer is.

Die munisipaliteit het die toekenning ook verlede jaar gewen toe dit vir die eerste keer ingestel is.
Die kompetisie het ‘n prysgeld van R 3.5 million, wat slegs met behulp van ‘n goedgekeurde besigheidsplan benut mag word. Die besigheidsplan moet kwessies soos vergroening hanteer en ook die doelwitte van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (EPWP) bevorder met die skepping van tydelike werks- en vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede.

In die Groenste Munisipaliteit-kompetisie word afvalbestuur, effektiwiteit van energieverbruik, waterbesparing, lugkwaliteit, landskapering, aanplanting van bome, verfraaiing, leierskap, institusionele reëlings en openbare deelname beoordeel.

In die evaluasie van Overstrand vir vanjaar se kompetisie is melding gemaak van die leierskaprol wat hy speel op die gebied van afvalbestuur en herwinning,  sy prestasie in die Groen en Blou Druppel-evaluering, die hantering van die waterkrisis in Groter Hermanus, verfraaiingsprojekte en kommunikasie.

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie, wat die prys in ontvangs geneem het, het gesê dit is vir haar en die inwoners en amptenare van Overstrand Munisipaliteit ‘n groot eer, maar dat sy besef dat dit ook toekomstige verpligtinge met betrekking tot die beskerming van ons omgewing op almal plaas.  
                                                               
“Die Groen Revolusie is nog nie gewen nie! Besoeding van ons kosbare omgewing en die degradering van ons samelewing duur nog steeds voort. Ons weet dat armoede aan die wortel van die probleem lê en daar word van ons verwag om diegene wat ‘n stryd voer om te oorleef, te oortuig dat daar ‘n uitweg is, dat daar ‘n ligstraal deurbreek wanneer ons rondom ons skoon maak en ons omgewing verbeter, “Plaaslike owerhede moet die leiding gee en ek kan u verseker dat wanneer jy raadslede, amptenare en die gemeenskap kan kry om saam te werk vir ‘n gemeenskaplike doel, naamlik om ‘n omgewing te skep waarin ons kwaliteit van lewe kan geniet, dan is sukses verseker,” het sy gesê.

Sy het mnr Johan van Taak, Bestuurder van Vaste Afval Bestuursbeplanning, lof toegeswaai vir sy passie met die koördinering van die munisipaliteit se deelname aan die kompetisie, maar bygevoeg dat almal – van die Burgemeesterskomitee en topbestuur tot op werkersvlak – ‘n bydrae gelewer het.
Sy het die Adjunk-minister en haar departement bedank vir die reëling van die kompetisie. Dit toon insig en wysheid omdat die werklike en potensiële bydrae van behoorlike en omvattende omgewingsbestuur tot die verbetering van gemeenskapsgesondheid en voorspoed onder die inwoners van ons wonderlike land raakgesien is.

• Die toekenningsgeleentheid vir  die 2012 Wes-Kaapse Groenste Munisipaliteit-kompetisie, wat die eerste been vir die nasionale toekenning is, vind vanaand (Woensdag 21 November 2012) op Stellenbosch plaas.

Fanie Krige

Overstrand weer eens Groenste Munisipaliteit landwyd

Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant