BARC red Rooi Valkie

BARC red Rooi Valkie

Gansbaai Courant

'n Oproep van Gert van Silwerjare aan Philip Schreck, BARC se Veldwagter, het onlangs 'n tweede Rooi valkie van 'n gewisse dood in Blompark gered. Gert het aan Philip gesê dat kinders die valkie aan 'n tou vasgemaak het om hom te laat vlieg. Philip het summier gereageer om betyds die valkie te red. Aanvanklik was daar drie van die valkies. Een is ook betyds deur Philip gered en hy het die valkie met 'n beseerde vlerk na dr Liesel Trollope geneem. "Die derde valkie was egter nie so gelukkig nie. Toe die kinders sien dat hy nie wou vlieg met die tou om sy been nie, het hulle hom met klippe doodgegooi en hy kon nie gered word nie," vertel Philip. Ouers en lede vanuit die gemeenskap word versoek om voortdurend te let op hierdie tipe van onnodige wreedhede teenoor diere en voëls. Vir enige navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Vir diere-probleme, die aanneem van diere of wreedhede teenoor diere, kan Phillip Schreck (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Hardus Botha

BARC red Rooi Valkie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant