Hoofbeampte vang Stroper

Hoofbeampte vang Stroper

Gansbaai Courant

Hoofbeampte vang stroper
Hoof Mariene Bewarings Inspekteur, Gilbert Mmereki het Saterdagoggend man alleen ‘n besending perlemoen onderskep en die koerier gearresteer.

Hoof inspekteur Gilbert Mmereki , voor derde van links, en snr. Inspekteurs: Alexander, Nkeleni, Busch & Papier met die verdagte stroper Viwani, staande agter.

“Ek het om 05h00 inligting ontvang dat ‘n vrag perlemoen by Masakhane in ‘n gryskleurige voertuig gelaai is en dat dit reeds vertrek het”, het Mmereki gesê. Volgens hom het hy geglo dat die voertuig die Uilkraalmond afdraai sou neem om langs die Salmonsdam grondpad aansluiting by Stanford Caledon teerpad te kry. Mmereki het toe via Stanford op die Salmonsdam grondpad gery. ‘n Bakkie het van vooraf gekom en hy het die voertuig voorgekeer. “Daar was twee mans van Masakhane in die bestuurskajuit wat gesê het hulle is oppad na ‘n kerkfunksie. Ek het toe verder gery en ‘n grys Nissan voertuig van vooraf sien aankom.” Mmereki het gedraai en die voertuig ingewag en gevolg. “Toe hulle my opmerk het hulle probeer om weg te jaag en is teen ‘n hoë spoed by die bakkie wat ek vroëer voorgekeer het, verby. Die bakkie het my probeer verhoed om verby te kom, maar ek het wel daarin geslaag. “’n Hoë spoed jaagtog het gevolg totdat die Nissan skielik gestop het en die bestuurder uitgespring en oor ‘n lyndraad geklouter en probeer weghardloop het. Ek het egter daarin geslaag om hom in te hardloop en terug na die voertuie te neem.” Volgens Mmereki het die bakkie wat hom probeer verhoed het om verby te steek toe teen ‘n hoë spoed by hulle verbygejaag. Hulp is ingeroep en beslag is gelê op 4216 perlemoen wat in die Nissan was. Die bestuurder, Mkhunzi Viwani (36) van Masakhane is gearresteer en die eienaarskap van die Nissan is teruggespoor na Sani 4x4 Car Hire in Springs, Gauteng.
Francois de Jongh

Hoofbeampte vang Stroper

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant