Betowerende Kerssangdiens

Betowerende Kerssangdiens

Gansbaai Courant

Soos elke jaar die geval is, was vanjaar se aanbieding van die NGK se Kerssangdiens op 25 November weer eens 'n gewyde "treffer" in 'n volgepakte kerkgebou.

Aletta Lochner, koorleidster/-dirigent en haar Koorkomitee se reëlings was puik en die verrigtinge het uitstekend verloop. Die Kerssangdiens het uit hartlike samesang, asook optredes deur 4 kore plaasgevind.

Die gewilde NG-Kerkkoor, asook die NG-Mannekoor het onder begeleiding van Annelene Reinke agter die klavier en met Aletta as dirigent gesing. Daarby ingesluit was Jack White met sy immergewilde trompet. Die skoolkoor van Laerskool Gansbaai is ook deur Aletta gedirigeer, met Heidi Chiville (klavier) en Hans Crouse (kitaar) as begeleiers. Dan was daar die VGK-koor onder leiding van Norman Sauls wat hulle bydraes sonder enige begeleiding gelewer het. Pikkie Louw, die gemeente se orrelis, het die begeleiding van die gesamentlike sang waargeneem. Dr Bobo van Zyl, self ook 'n lid van die Mannekoor, het die Bybelvoorlesings vanuit die Johannes Evangelie waargeneem. Die Mannekoor het die gewyde aand met die sing van die Aandgesang en 'n Gebed begin. Daarna het koor- en gemeentesang om die beurt gevolg. Liedere soos die Kersfees Rondo, Dona Nobis (Gee ons vrede), Die Christuskind, Die Heiland is gebore en vele ander bekende Kersliedere is gesing. Nader aan die einde is alle koorlede van kerse in houers voorsien, wat gesorg het vir 'n "hoedervleis"-fase van die Kerssangdiens, veral tydens die instap van die kinders met die kerse in hul hande. Die puik data-projektorwerk is deur Maureen Voigt behartig, wat tans aansterk ná 'n ernstige motorongeluk. Die pragtige versierings in die kerkgebou, asook die kershouers, is deur Anita Botha gedoen, met Mariaan van Rhyn wat vir die blommerangskikkings en verdere versierings verantwoordelik was. Soos gebruiklik is daar met Stille Nag, Heilige Nag afgesluit, met die Kerk se ligte wat verflou is en alle koorlede wat kerse vasgehou het. Die gewyde atmosfeer, die versierings, die kerse en die pragtige koor- en samesang het weer eens gesorg vir 'n gewyde Kerssangdiens in die NG-gemeente se kerkgebou.                 

Hardus Botha

Betowerende Kerssangdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant