Front Page - Druk Feestyd verwag

Front Page - Druk Feestyd verwag

Gansbaai Courant

Die toestroming van vakansiegangers word by al die omgewing se karavaanparke en kampeerterreine vanaf Vrydag verwag. Volgens die oordbestuurders van Uilenkraalsmond, Strandskloof en Gansbaai Karavaanpark is hul so te sê vol bespreek tussen Kersfees en Nuwe Jaar.     

“Baie laat besprekings word steeds gedoen maar op hierdie stadium is die besetting oor die hele feestyd reeds baie beter as verlede jaar,” het Johan Botha van Uilenkraalsmond gesê. Hierdie tendens word deur die ander oordbestuurders bevestig. ‘n Pluspunt is dat Uilenkraalsriviermond oopgespoel en die water mooi skoon is vir die kinders om in te baljaar. Volgens Glenda Kitley, bestuurder van Gansbaai Toerisme Buro, is alle selfsorgeenhede reeds tussen 22 Desember en 2 Januarie vol bespreek. Vir die res van die tyd is daar nog beperkte geleenthede oor. Dieselfde geld vir Bed-en-Ontbyt verblyf wat oor die algemeen, net soos die selfsorgeenhede, beter besetting het as verlede jaar. Besoekers kan gerus ‘n draai by Gansbaai Toerisme se Inligtingsentrum maak, of skakel hulle by 028 384 1439. Die omgewing bied baie meer as net hengel- en strandpret en die vriendelike inligtingspan sal dit met graagte aan besoekers bekendstel.

Francois de Jongh

Front Page - Druk Feestyd verwag

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant