Vol taxi rol

Vol taxi rol

Gansbaai Courant

'n Volgelaaide taxi met 16 insittendes plus die bestuurder, Katiso Falatsa, het op Woensdag, 12 Desember 2012 op die R43 op pad na Stanford eenmaal gerol en daarna die bosse ingebars.

Die ongelukstoneel op die R43.         Foto: Sers Rhyno Gouws

Die linker agterband het by die laaste lang afdraend kort voor Stanford gebars. Aldus sers Rhyno Gouws van Stanford SAPD was die taxi gelisensieerd om 16 passasiers te vervoer en is die bestuurder in besit van 'n geldige openbare rybewys. "Dit blyk dat die linker agterband gebars het wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het," sê Sers Gouws.

"Daar is wel gerugte dat die taxi tydens die voorval teen 'n hoë spoed beweeg het, maar dit kan nie bevestig word nie, aangesien die nodige verklarings nog nie by die insittendes afgeneem is nie."
Opgestapelde onbetaalde boetekaartjies van verskeie vorige verkeersoortredings is bokant die sonskerm van die voertuig gevind.
Chaos is op die R43 veroorsaak terwyl verkeersmanne, ambulansdienste en die brandweer noodlenigingswerk by die ongelukstoneel toegepas het. Die R43 is egter kort daarna weer vir verkeer oopgestel. Niemand is dood nie, maar van die passasiers is erg beseer, met andere wat minder ernstige beserings opgedoen het.
Sers Gouws sê 'n saak van roekelose en/of nalatige bestuur word wel ondersoek. Indien daar enige persone is wat oor moontlike inligting rakende die aangeleentheid beskik, kan Konst Mpanda van Standford SAPD by 028-341-0601 geskakel word.                                                   
Hardus Botha

Vol taxi rol

Hardus Both

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant