Gansbaai Tennis

Gansbaai Tennis

Gansbaai Courant

Op Saterdag, 8 Desember, het die Gansbaai Tennisklub hul jaarlikse tennisdag aangebied.

Vanjaar was dit ons 10de toernooi en het die meeste deelnemers nog gehad. Daar was altesaam 58 spelers wat in 3 afdelings meegeding het. Daar was spelers van die Strand, George, Ceres, Paarl, Hermanus, Montagu, Gauteng, Bredasdorp, Worcester, Swellendam, Bonnievale, Goudini, Kleinmond en selfs Duitsland!! Gansbaai-omgewing was die dorp met die meeste spelers. Dankie vir jul ondersteuning (veral die 3 junior spelers wat ook saam met ons gespeel het.


Links: Marie Nieman van Centurion wat ‘n strandhuis in Perlemoenbaai besit.
Regs: Eben Lourens van Gansbaai

Baie geluk aan al die wenners. Die uitslae was as volg:
Die A-afdeling is gewen deur Graham Stieger (Gansbaai) en Amorè Hansen (Kleinmond).
Die naaswenners was Hendrik Burmeister (Duitsland) en Emeke Stieger (Gansbaai).
Die B-afdeling is gewen deur Leon Meyer (Kleinmond) en Celia van Blerk (Kleinmond). Die naaswenners was Stan Voges (Bredasdorp) en Marina Snyders (Bonnievale). Jan Louw (Kleinmond) en Koba Dippenaar (Bonnievale) het die derde plek behaal.
Die C-afdeling is gewen deur Neville Koert (Gansbaai) en Desireè Blackburn-Hall (Gansbaai). Die naaswenners was Karriem Adams (Ceres) en Wilma Steenkamp (Strand).

Gansbaai Tennisklub en sy lede wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om mense en instansies/besighede te bedank vir hul bydrae en skenkings tot die sukses van die dag.

Ons groot waardering en opregte dank gaan aan: Shark Diving Unlimited, White Shark Projects, White Shark Aventures, Great White viewing & cage diving, Koos Geldenhuys van Old Mutual in Worcester, Gansbaai Marine, Gansbaai Spar, OK-foods, Fine&Country, Petrus eiendomme, Hermanus Liquor Stores, Belmont Cash&Carry, Kleinkaap kwekery, Dr C.Loubser, Fabriekswinkel, Knapsak (heerlike kos), Gerhard en Ansie Germishuys (sonder julle was ek verlore!), Piet en Elsabie Schoombie, Alta van Niekerk, Charl van Schalkwyk, Lisel Joubert, Pat Ronquest, William Low, Eben Lourens en Desireè Blackburn-Hall.

'n Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar word almal toegewens. Ons sien mekaar op die bane gedurende die vakansie-tyd of dan weer volgende jaar. Reis veilig.

Tennisgroete,  Daniel

Gansbaai Tennis

Daniel

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant