Honde-wreedaard hof toe

Honde-wreedaard hof toe

Gansbaai Courant

Die wrede verminking van ‘n bullmastiff, wie se oë met ‘n mes uitgesteek is, het vroeër vanjaar opslae gemaak.

Marin Block (21) het na bewering die hond, wat by die stortingsterrein ‘n waghond was, gesteel. Hy het hom daarna na Masakhane geneem en sy oë uitgesteek. Die hond is later verwese langs ‘n straat gevind en moes deur ‘n geskokte veearts, Dr Liesel Trollope, uitgesit word. Mnr Phillip Schreck van BARC het gesê dat dit ‘n pragtige saggeaarde bullmastiff van 80kg was. Block is drie dae later gearresteer nadat ooggetuies hom met die diefstal van die hond verbind het. Hy is aangekla van diefstal en die oortreding van die Dierebeskermingswet. Borgtog is geweier en hy is sedertdien in aanhouding. Hy staar nou verdoemende bewyse in die gesig nadat die mes wat by hom gevind is forensies ondersoek is en die uitslag van die DNA-toetse positief was. Die laboratoriumverslag bewys dat die bloed wat op die mes se hef gevind is dié van die bullmastiff is. Block het wel die mes na die voorval gewas maar daar is steeds bloed op die mes gevind. Block se verhoor in Hermanus se Landdroshof is uitgestel tot 6 Maart. Hy bly in aanhouding.
Francois de Jongh
 

Honde-wreedaard hof toe

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant