Ex-Courantdame gradueer

Ex-Courantdame gradueer

Gansbaai Courant

Lize van Dyk, 'n voormalige personeellid van Gansbaai Media, het onlangs gegradueer.
Hierdie 24-jarige skrander dame het vanjaar haar BA-graad in Geesteswetenskappe verwerf. Sy het drie hoofvakke, naamlik Sielkunde, Xhosa en Engels, waarvan sy laasgenoemde twee elke jaar met lof (Cum laude) geslaag het. Lize het op 31 Desember 2009 haar laaste werksdag gewerk en voltyds aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.
Op daardie stadium het sy tydens 'n onderhoud onder andere gesê: "Dit was nog altyd 'n droom by my om sielkunde te bestudeer en noudat ‘n studiebeurs aan my toegeken is, kan my droom verwesentlik word. Ek het drie doelwitte vir myself gestel: 'n BA-graad in Geesteswetenskappe, my Honneurs en dan my Meestersgraad."
Lize se ouers is Wikkie, 'n Arbeidsmakelaar en Anita van Dyk, Administratiewe Bestuurder van Herberg-aan-See. "Lize het baie goed presteer en sy kan meer as tevrede daaroor voel," vertel Anita. Na skool was sy vir 1½ jaar in diens van Gansbaai Media.
Nou is Lize se eerste doelwit ná drie suksesvolle Universiteitsjare bereik, waarna sy nou in 2013 vir haar Honneurs gaan inskryf. Praat van deursettingsvermoeëns, dit het Lize sonder enige twyfel.
Hardus Botha

Ex-Courantdame gradueer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant