De Kelderriete vang inbreker

De Kelderriete vang inbreker

Gansbaai Courant

Ettienne Brown, Stefan de Ridder, Billy Brown en Kobus Truter.

‘n Berugte inbreker, Michael Engel (22), wat reeds drie keer tronk toe gestuur is vir huisbraak en diefstal het sy rieme lelik in De Kelders styfgeloop.

Hy het Sondagmiddag om 12:00, by ‘n huis wat deur vakansiegangers in Vyferstraat gehuur is, deur ‘n oop deur binnegegaan. Hy is deur die huurder gesien en het weggehardloop. Die huurder het agter Engel aangehardloop en geskree: “Dief, Dief”. Eben van der Merwe, Laerskool Gansbaai se skoohoof en sy vrou, Riva, het gesien wat gebeur en Eben het in sy motor gespring en die verdagte gevolg. Riva het die polisie gebel en daarna met haar dogter, Anke, na De Villiersstraat gehardloop. Daar het Ettienne Brown en sy seun, Billy Brown en stiefseun, Kobus Truter, asook ‘n vriend, Stefan de Ridder, mt ‘n bakkie veld in gery. Die jong kêrels het op verskillende plekke afgespring en Brown se vrou, Alanda, het buite hul huis op ‘n tuintafel gestaan en vir haar seun, Kobus, gewys waar die man vlug. Hy is kort daarna aangekeer. Die polisie het die verdagte by die manne oorgeneem en het vir hom gevra: “Jy was dan in die tronk vir diefstal, hoe het jy uitgekom?”

Francois de Jongh

De Kelderriete vang inbreker

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant