Houtwerkgenot

 Houtwerkgenot

Gansbaai Courant

Te oordeel aan gereelde beriggewing vanuit die geledere van die Overberg Houtwerk- en Houtdraaiers Assosiasie, is houtwerk pure genot en ontspanning vir hulle. 'n Gesellige jaarafsluiting is in die Birkenhead Boothengelklub se gewilde saal gehou. Hennie Prinsloo, 2012 se voorsitter van die Assosiasie, het sy voorsittersverslag van 'n bedrywige jaar gelewer.

Die groot groep Houtwerkers van die Overberg Houtwerk- en Houtdraaiers Assosiasie tydens hulle jaarafsluitingsfunksie, met voorsitter Hennie Prinsloo voor, tweede van regs

Voorsitter Hennie Prinsloo ontvang sy sertifikaat en trofee as Erelid, met vlnr Hannes Ludick, Ben de Lange en Hennie Prinsloo

Hennie het 'n beroep gedoen dat jonger mense wat in houtwerk belangstel, uitgenooi moet word om die byeenkomste by te woon. Hy het ook na die groep se welsynsprojek verwys waar speelgoed vir die Herberg-aan-See se basaar gemaak is. "My wens is dat meer sodanige projekte aangepak moet word," het hy gesê. Die hoogtepunt van die aand was die verering van Hennie as 'n Erelid met 'n sertifikaat en 'n gepaste trofee. Hannes Ludick het die trofee uit hout gemaak en ook die oorhandiging waargeneem. "Nog 'n nuwigheid was die oorhandiging van 'Foefie' sertifikate aan lede wat fratsbeserings gedurende die jaar opgedoen het," vertel Ben de Lange. Hy sê ook dat lootjies om handgemaakte items mee te wen, ook uitgereik is. Die opbrengs daarvan sal aangewend word vir die aankoop van materiaal om items vir welsyns-projekte te maak. Ná die afhandeling van die formaliteite, is daar gesellig saamgekuier. Die groep se volgende byeenkoms sal weer op 7 Februarie 2013 by Progress Design in die Gansbaai Nywerheidsgebied plaasvind. Belangstellendes, óók dames, kan vir Hennie Prinsloo by 083-414-7962 of Ben de Lange by 028-384-1963 skakel.                        

Hardus Botha

 Houtwerkgenot

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant