Voortreflike Dienskompetisie-wenner November 2012

Voortreflike Dienskompetisie-wenner November 2012

Gansbaai Courant

Benjamin Jacobus (Bennie) van Eeden (25) van Suidsee Satelliet, is die gelukkige maandwenner van November 2012 se Voortreflike Dienskompetisie. Hierdie kompetisie word deur Gansbaai Sakekamer, in samewerking met Gansbaai Courant en met Kaapse Verbruikers (Edms) Beperk as die hoofborg, aangebied. Bennie staan nou ‘n kans om Kaapse Verbruikers (Edms) Beperk se prys ten bedrae van R2,500 te wen, asook ‘n verdere R2,500 wat hy aan ‘n verdienstelike organisasie van sy keuse kan oorhandig.

Bennie van Eeden van Suidsee Satelliet 

As maandwenner ontvang Bennie ook 'n R100 Gansbaai OK Foods geskenk-bewys.

Bennie is op 16 Februarie 1987 in Hermanus gebore, maar het in Gansbaai grootgeword. In 2005 matrikuleer Bennie aan die Hoërskool Overberg te Caledon. Sy ouers is Dirk en Cilia van Eeden en Bennie het drie susters, Hanneke en Martha in Gansbaai, asook Lenie wat getroud is en in Stellenbosch woon. Na skool het Bennie aanvanklik vakan-siewerk gedoen en daarna sowat 3 jaar by JL Computers van Jan Lourens gewerk. Daarna het hy by Suidsee Satelliet van Johan van Staden begin werk, waar hy steeds na drie jaar is. "Ek is maar van my skooldae af lief vir rekenaars, maar spesialiseer eintlik in Netwerke en die Internet," vertel Bennie. Eintlik beskou hy maar sy "rekenaarwêreld" terselfdertyd as sy stokperdjie. "Vir my is dit die passie in my lewe." Hy is ook 'n aktiewe lid van die groep rekenaar-jongmense van The Gansbaai Gamers, met Jacques van Lill as sameroeper. By verskeie besighede het Bennie homself as uiters bekwaam op die gebied van internet en netwerke bewys, ook in die geval van Gansbaai Courant, waar hy as 'n ware staatmaker beskou word.

Fanie Bothma, voorsitter van Gansbaai Sakekamer, het dit weer eens beklemtoon dat die gemeenskap aangemoedig moet word om enige persoon in enige besigheid in Gansbaai en omgewing te nomineer om in aanmerking vir die kompetisie te kom.

"Ons wil graag hoor van persone wat voortreflike diens aan die publiek lewer, aangesien goeie dienslewering baie vir Gansbaai en die omgewing beteken," sê hy. Vorms vir hierdie doel kan by Gansbaai Sakekamer of by Gansbaai Courant se kantore afgehaal word.

Op Bennie se nominasie vorm, naas die normale vrae oor waarom hy genomineer is, is pertinent na sy beskeie vriendelikheid en beleefdheid verwys, asook na sy deeglike kennis op sy vakgebied. "Teleurstellings is daar nooit en hy hou nie op voordat 'n netwerk- of internet-probleem opgelos is nie."                                 
Hardus Botha

Voortreflike Dienskompetisie-wenner November 2012

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant