Vrolike Gr 1 tjies

Vrolike Gr 1 tjies

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai. Foto: Linda Kloppers Fotografie

Die fotosessies van Gr 1-leerders by Gansbaai se drie laerskole het allesbehalwe na 'n "tranedal" gelyk. Inteendeel, dit was net vrolike gesiggies en 'n geselsery wat na die gezoem van 'n swerm bye geklink het.

By al drie laerskole het opgewondenheid hoogty gevier en dit is duidelik dat die Gr 1-onderwysers sommer van dag een af moes bontstaan. Enkele voorlopige statistieke van die laerskole sien soos volg daaruit, aangesien inskrywings nog nie behoorlik gefinaliseer is nie en getalle waarna verwys word, kan verander.

Gansbaai Primêr

Gansbaai Primêr in Blompark spog met ±85 Gr 1-leerders. In totaal is daar ±530 leerders en 60 Gr R-leerders, met 18 onderwysers (2 x Beheerligaamposte) onder leiding van Tommy Volkwyn as skoolhoof. Hulle leuse is: Om ons leerders te lei om môre se leiers te wees.

Masakhane Primary School

Masakhane Primary School in Masakhane het vanjaar ±78 Gr 1-leerders ingekry. In totaal is daar ±380 leerders met 14 onderwysers onder leiding van Mirriam Cekiso as skoolhoof. Hulle leuse is: Perseverance is the key to success. In Laerskool Gansbaai se geval is ±36 Gr 1-leerders tot die skool se getalle toegevoeg. Die totale aantal leerders is ±291, met 32 Gr R-leerders.
Tans bestaan die onderwyserskorps uit 10 Beheerliggaamposte en 9 Departementele poste onder leiding van Eben van der Merwe as skoolhoof. Hulle leuse is: Werk en Bid. Gansbaai Courant wens die Gr 1's, asook alle ander leerders en die onderwysers net die beste toe vir 2013.
Hardus Botha

Vrolike Gr 1 tjies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant