EKSEKUSIEVEILING WAT WORD VAN DIE INWONERS

EKSEKUSIEVEILING WAT WORD VAN DIE INWONERS

Gansbaai Courant

Ons hoor en lees deesdae so gereeld van huiseienaars se vrese dat halsstarrige huurders deesdae so deur wetgewing beskerm word dat dit eienaars noemenswaardige bedrae geld kos om uitsettingsbevele te bekom, ten einde diesulke persone uit eiendomme te kry.

In ‘n saak Ives v Rajah verlede jaar het Ives geappèlleer teen ‘n uitspraak in ‘n Landdroshof waar ene Rajah ‘n uitsettingsbevel bekom het teen Ives in die volgende omstandighede: Ives het ‘n residensiële eiendom in Parow van haar moeder geërf en aan ene Kotze verkoop met die voorwaarde dat sy dit kon bewoon vir die res van haar lewe. Hierdie beloofde belang was egter nooit teen die titelakte geregistreer nie.

Die eiendom was in 2009 op ‘n eksekusieveiling verkoop aan Rajah, wie salig onbewus was van Ives se reëling met Kotze. In terme van die veilingsvoorwaardes het die Balju die eiendom verkoop op die basis dat Koper enige inwoners vanuit die eiendom moes laat verwyder op sy eie koste.

Ives was egter ‘n parapleeg en het haar beroep op Artikel 4(7) van die Wet op Onwettige Okkupasie van Grond, tewete dat die regte van bejaardes, kinders en gestremde persone en huishoudings deur vroue onderhou, in ag geneem moet word.

In die bevel moes die hof die regte van die gestremde Ives in ag neem, ten einde tot ‘n beslissing te kom.

Die uitsettingshof het die beleid van die wetgewing respekteer in sy besluit dat die verkoop van ‘n eiendom met ‘n verband beswaar die resultaat en bedoeling moet hê dat die Koper vakante okkupasie moet bekom en is Ives se appèl met koste van die hand gewys.

Die hof het daarop gewys dat die reël dat ‘n gestremde persoon van alternatiewe akkomodasie voorsien moet word meer gewig sou dra in ‘n geval waar die verkoping nie in eksekusie was nie.

HUGO CARSTENS PROKUREURS HOOFWEG 15 GANSBAAI
TEL: 028 384 0334/8 SEL: 083 5188 784

EKSEKUSIEVEILING WAT WORD VAN DIE INWONERS

Hugo Carstens Prokureurs

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant