Flight for Birders Identifikasie- en Bewaringskursus

Flight for Birders Identifikasie- en Bewaringskursus

Gansbaai Courant

Die op-en-wakker Birdlife Overberg onder die bekwame le-ding van dr Anton Odendal, bied weer die jaarlikse Flight for Birders identifikasie- en bewaringskursus aan. Die kursus word op 24 en 25 Januarie 2013 in die Omgewingsopleiding-sentrum van Fernkloof Natuurreservaat in Hermanus aangebied.

Kostes beloop R400, wat die kursusmateriaal en sertifikate insluit.

Sowat 1,600 skyfies en tekeninge sal vertoon word en Overberg se opleidingsprojekte sal ook besoek word.

"Die inhoud van die kursusmateriaal en skyfies word elke tweede jaar opdateer, wat pas die geval was," vertel Anton. "Die ontwikkeling van 'n infrastruktuur vir voëlkyk-toeriste sal ook tydens die kursus beklemtoon word." Hy verduidelik dat die kursus veral op die basiese stappe in die identifisering van voëls fokus, asook plekke waar veral skaars en inheemse voëls voorkom en hoe gewone voëlkykers terselfdertyd by bewaring betrokke kan raak. Dit is twee vol dae wat in die program uiteengesit is en die inhoud daarvan spreek van twee baie interessante en leersame dae.

Om te registreer en seker te maak van 'n plek in hierdie gewilde kursus op 24 en 25 Januarie 2013, asook vir enige navrae en die program, kan Elaine by 082-455-8402 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by mwjasser@mweb.co.za.  

Flight for Birders Identifikasie- en Bewaringskursus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant