Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Pearly Beach Hengel Klub het verlede Saterdag hulle eerste hengelkompetisie vir 2013 gehou.
"Al was die vis redelik skaars het daar darem 'n paar mooi visse kant toe gekom," skryf Isolde Smith van die klub.
Mario van der Westhuisen in die 2de plek met sy Mosselkraker (9.7kg)
Een van die hengelaars, Mario van der Westhuizen, het seker gemaak die ander hengelaars se oë rek wyd toe hy sy yslike 9.7kg Mosselkraker kant toe bring. Hierdie op-en-wakker hengelklub sorg gereeld vir verrassings. Hulle was ook aktief by verlede jaar se Fees van die Ganse se "Kolgooi"-item betrokke en het ook 'n leidende rol tydens die reëlings daarvan gespeel.
Die uitslae vir die dag se kompetisie is soos volg: 1ste - Jacques Viviers (Snr) met 'n Spotted Grunter (2.55kg), 'n Bellman (2.6kg) en 'n Steenbras (2.6kg); 2de - Mario van der Westhui-sen met 'n Mosselkraker (9.7kg); 3de - Hannes Smuts met 'n Kabeljou (4.2kg); 4de - Johann Botha met 'n Bellman (2kg); 5de - Deon Strydom met twee Hottentotte (1kg en 0.55kg); 6de - Deon Mostert met 'n Hottentot (0.55kg).
Na afloop van die hengelkompetisie is daar gesellig tydens 'n aandfunksie saamgekuier, waartydens die pryse ook oorhandig is.
Vir enige navrae rakende die Pearly Beach Hengel Klub kan Gerrie Barnard by 082-220-3880 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by gerrieb@omail.co.za.
Hardus Botha
Jacques Viviers (Snr) in die 1ste plek met sy Spotted Grunter (2.55kg), Bellman (2.6kg) en Steenbras (2.6kg)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...