The Gansbaai Gamers

The Gansbaai Gamers

Gansbaai Courant

Die groep Gansbaai Gamers wat onlangs weer 'n rekenaar-byeenkoms in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal bygewoon het.


Hierdie buitengewone jongmensklub, The Gansbaai Gamers, is al in 2009 gestig en staan steeds stewig op rekenaarbene. Onlangs was hulle weer in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal bymekaar en die rekenaars word reeds die Vrydagaand opgestel. Dan begin die rekenaarpret Saterdagoggend vroeg en die groep van sowat 20 druk deur tot Sondagoggend. Hulle maak van Local Area Network (LAN) vir netwerk-kommunikasie tussen die rekenaars in die vertrek gebruik. Speletjies word gespeel, hoofsaaklik ernstige motorwedrenne, rekenaarkennis word onderling uitgeruil en daar word gesellig saamgekuier. Die klub het vorige kere al dienste teen vergoeding by die jaarlikse Fees van die Ganse gelewer. "Met ons eerste betalings het ons begin met die aankoop van 'n spesiale netwerkskakelaar, 'n klanksisteem en enkele kleiner items wat ons benodig het," vertel Jacques van Lill, die klub se sameroeper. Met verlede jaar se Feesgeld het hulle enkele noodsaaklike items soos kabels, luidsprekerstaanders, die uitbreiding van hulle netwerk en ander kleiner items in gedagte, wat binnekort aangekoop gaan word. "Ons groot behoefte tans is die aankoop van ons eie tafels om te gebruik. Dit is egter baie duur, maar ons hoop om een of ander tyd daarby uit te kom," sê Jacques. Donateurs mag maar van hierdie behoefte kennis neem. Die vorige byeenkoms het ongelukkig sonder borgskappe soos koeldrank, chips, verversingtjies en/of broodrolletjies plaasgevind. "Ons sal weer uitspring en vra vir borgskappe vir eet- en drinkgoedjies tydens ons byeenkomste," sê Jacques. "Baie dankie aan tannie Glenda Kitley van Gansbaai Toerismeburo vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word." Vir enige navrae kan Jacques van Lill by 072-786-2340 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.                                

Hardus Botha

The Gansbaai Gamers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant