Kettingbotsing by De Kelders

 Kettingbotsing by De Kelders

Gansbaai Courant

‘n Motorfietsryer het Dondermiddag ter nouernood aan die dood ontkom toe ‘n bakkie hom van agter getref het. Mnr. Gilbert Hart, eienaar van Club RGA in Blompark, het langs die sperstreep in die middel van die R43 by die De Kelders afdraai gestop en vir ‘n aankomende motor gewag om verby te kom.

Hy was vanaf Stanford oppad en alhoewel daar ‘n dubbelbaan aan sy kant van die pad was het ‘n bakkie van Sterling Delta die DMW 12RT van agter getref. Die motorfiets is onder Hart uitgestamp en hy het op sy linkersy in die pad geval en skuurwonde opgedoen. Die BMW is oor die pad, reg voor ‘n aankomende voertuig met bejaarde insittendes, geslinger en die motor is links voor getref. Die bestuurder en sy vrou is nie beseer nie. “Ek kon nie glo dat dit gebeur het nie en het vir die bakkie se bestuurder gevra of hy wydsbeen oor die sperstreep in die middel van die pad gery het. Hy wou my egter nie antwoord nie” het Hart, wat tydens die ongeluk met Mnr. Monty Whitting, wat tuis na ‘n ernstige operasie aansterk, se motorfiets gery het. “Ek en hy het baie keer saam met ons motorfietse gaan ry en hy het vir my gevra om pos vir hom in Hermanus te gaan afhaal.” het Hart gesê.
Francois de Jongh

 Kettingbotsing by De Kelders

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant