Rookwolke omring dorp

Rookwolke omring dorp

Gansbaai Courant

Gansbaai was die afgelope dag of wat behoorlik deur rookwolke omring. Dit het begin met 'n hewige veldbrand Maandag tussen Masakhane en die einde van die industriële gebied aan die dorp se kant. Later die aand het die brand weer opgevlam tot agter die industriële gebied.

Dinsdag het die area tussen Kolgansbaai en Beverley Hills nedersetting begin brand, selfs tot byna teen die see. In altwee gevalle was Gansbaai brandweer, verkeersmanne, polisie en Overstrand Medical Response flink aan die beweeg om groter skade te voorkom en om 'n wakende oog te hou.

'n Munisipale laaigraaf is ook ingespan om te help. Die geweldige brand in Stanford se rigting het dit vanaf Gansbaai laat lyk asof De Kelders weer gaan deurloop soos wat die digte rookwolke in hierdie rigting gewaai is. Die gebied vanaf die plaas Middelburg in die rigting van Wortelgat tot by die Spookhuis het onder die brand deurgeloop. Geen struktuur- of ander brandskade is aangemeld nie.

Van Gansbaai brandweer se beamptes en voertuie is ook in daardie rigting gestuur om te gaan help. 'n Behoorlike bedrywige paar dae met weinig rus vir diè manne en vroue met hul onbaatsugtige diens. Teen Dinsdagaand was die lug só met digte rookwolke van Stanford se kant af gevul, dat die weerkaatsing daarvan die see behoorlik swart laat lyk het, met rooi-gedeeltes tussenin wat soos 'n sonsondergang op see gelyk het.  

Hardus Botha

Rookwolke omring dorp

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant