Krieketnuus

Krieketnuus

Gansbaai Courant


Agter: Wilfred Tobias, Hein Goedde, Heinrich Vermeulen, Johan Beets, Jonathan Doyle, André Hage, Christo Swart, Corrie Avenant en Driaan Kriel. Middel: Juan Havenga en Nico du Plessis
Voor: Theuns Otto

Gansbaai Krieketklub het Sondag hulle Overberg 40 Overs Sondagliga op 'n hoë noot afgesluit deur Stanford Krieketklub op Stanford met 10 paaltjies te wen.
Stanford Krieketklub het eerste gekolf en as gevolg van goeie boulwerk deur Theuns Otto (8-0-42-6) en Driaan Kriel (7.4-3-29-3) met 'n skamelende 76 almal uit aangeteken.
Gansbaai se openings-kolwers Juan Havenga 52 lopies n.u.n (9x4)(1x6) en Nico du Plessis 20 lopies n.u.n (4x4) het die wen lopies in net 13.3 boulbeurte aangeteken.
Gansbaai Krieketklub se bestuur en spelers wil dan ook vir Theuns hulle vreugde en geluk toewens met die geboorte van hul klein pienkvoet. Mag sy julle net groot vreugde bring.
Laastens wil ons net al die spelers herinner aan die 20/20 wedstryd eerskomende Sondag teen Kleinmond Krieketklub op Kleinmond.
Sportiewe groete,

Heinrich Vermeulen

Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant