Boland Kushengel

Boland Kushengel

Gansbaai Courant

Saterdag 19 Januarie het die Boland Kushengel ‘n interklubkompetisie te Struisbaai aangebied. Gunstige weerstoestande het gehelp dat die 93 hengellaars goeie vangste behaal het.

John Immelman van Hermanusklub se grootste nie-eetbare vis was ‘n skeurtandhaai van 165.81 kg.

Die grootste nie-eetbare vis is deur John Immelman van Hermanusklub gevang en dit was ‘n skeurtandhaai van 165.81 kg.

Die grootste eetbare vis is gevang deur Bruce Nolan van Paarlklub en dit was ‘n kabeljou van 7.15 kg. ‘n Totaal van 4.897 ton vis is gevang en almal is weer suksesvol en lewendig vrygelaat.

Die tophengelaar van die dag was Kabous Vryenhoek van Bredasdorp met ‘n totale gewig van 331.04 kg.

Kort op sy hakke was ‘n junior, Francois Munnik, met ‘n totaal van 278.64 kg.

Bredasdorpklub A1 is tans voor met spankompetisie gevolg deur Paarl A1 en Hermanus A1 in die derde plek. Daar is nog 4 liga kompetisies oor.
Ons wens graag sterkte toe aan al die Bolandhengelaars wat ons provinsie gaan verteenwoordig in die opkomende interprovinsiale kompetisies. Hou Boland se naam hoog. Lede van die publiek word ook uitgenooi om die Top Dameshengelaars van Suid-Afrika te gaan ondersteun wanneer hulle van 20-22 Februarie in die Dames Interprovinsiaal teen mekaar meeding te Struisbaai. Hengeltye is van 07:00 tot 15:00.                                 

Liston Davidowitz

Boland Kushengel

Liston Davidowitz

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant