Swaar gestraf vir Grootwithaai

Swaar gestraf vir Grootwithaai

Gansbaai Courant

In ‘n bakermat-uitspraak is Leon Bekker, Vrydag in Mosselbaai se Landdroshof skuldig bevind vir die vang van ‘n grootwithaai op 11 Maart 2011. Hy is swaar gestraf en gevonnis tot R120 000 boete óf 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir 5 jaar. Wat die saak uniek maak is dat dit die eerste grootwithaaisaak en -vonnis in ‘n Suid-Afrikaanse hof is.

(Internetfoto)

Suid-Afrika was ook die eerste land wat wetgewing aangeneem het om die grootwithaaispesie (Carcharodon Carcharias) te beskerm. Grootwithaaikake en –tande is gesog in China en haal derduisende rande op die swartmark.
“Ons is seker dat die vonnis as ‘n afskrikmiddel sal dien vir enige een wat dit oorweeg om hierdie beskermde spesie en andere te vang of te versteur. Ons sal voortgaan om op die publiek en ander wetstoepassingsagentskappe te steun om ons marienebronne te beskerm en oortreders te arresteer en te vervolg,” het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) Maandag in ‘n persverklaring gesê.
Francois de Jongh

Swaar gestraf vir Grootwithaai

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant